Page 432 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

428
DIE KONING VAN DIE EEUE
Abraham se ondervinding beantwoord die vraag: “Waarmee sal
ek die Here tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek
Hom tegemoetgaan met brandoffers, met eenjaar-oud kalwers? Sal
die Here ’n welbehae hê in duisende van ramme en tienduisende
strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding,
die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?” Miga 6: 6, 7.
In die woorde van Abraham, “God sal vir Homself die lam vir ’n
brandoffer voor- sien, my seun” (Gen. 22: 8), en in Gods voorsiening
van ’n brandoffer in die plek van Isak, is daar verklaar dat geen
mens versoening vir homself kan doen nie. Die heidense stelsel van
offerandes was heeltemal onaanneemlik vir God. Geen vader moes
sy seun of sy dogter as sondoffer gee nie. Alleen die Seun van God
kan die skuld van die wêreld betaal.
Deur sy eie lyde is Abraham in staat gestel om die Heiland se
sending van opoffering te sien. Maar Israel sou nie iets verstaan
wat onwelkom vir hulle trotse harte was nie. Christus se woorde
aangaande Abraham het vir Sy toehoorders geen diepe betekenis
gehad nie. Daarin het die Fariseërs net ’n ander geleentheid gesien vir
haar- klowery. Smalend het hulle geantwoord, asof om te bewys dat
Jesus gek was, “U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham
gesien?”
Met groot waardigheid het Jesus geantwoord, “Voorwaar, voor-
waar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, IS EK.”
Daar het stilte in die vergadering gekom. Die Naam van God,
vir Moses genoem om die idee van ewigdurende teenwoordigheid
voor te stel, is deur hierdie Galilese Rabbi toegeëien as Sy eie. Hy
het Homself verklaar as die selfbestaande Een, Hy wat aan Israel
belowe is, Wie se “uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die
ewigheid.” Miga 5: 1.
[480]
Weer het die priesters en rabbi’s teen Jesus uitgeroep dat Hy God
laster. Sy vorige aanspraak dat Hy gelyk aan God is, het hulle so
woedend gemaak dat hulle Hom wou doodmaak, en n paar maande
later het hulle gesê, “Dit is nie oor ’n goeie werk dat ons U stenig
nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ’n mens is, Uself God
maak.” Joh. 10: 33. Omdat Hy die Seun van God was, en ook gesê
het dat Hy dit is, was hulle vasbeslote om Hom dood te maak. Nou
het baie van die mense hulleself aan die kant van die priesters en
rabbi s ge- skaar, en klippe opgeneem om Hom te stenig. “Maar