“
Die Lig van die Lewe”
427
geregtigheid, het sy gees geen eerbied nie. Hy hou homself besig met
soek na stokkies en strooitjies, en daardeur verraai hy sy bekrompe
aardse natuur —’n hart wat vinnig besig is om voeling met God te
verloor. Hy wie se hart deur die goddelike hand aangeraak is, sal
soek na die dinge wat sy kennis van God sal vermeerder, en wat sy
karakter sal verfyn en verhef. Soos ’n blom hom na die son draai
sodat die strale daarvan sy pragtige kleure kan uitbring, so sal die siel
hom tot die Son van Geregtigheid keer dat die lig van die hemel sy
karakter kan verfraai met die deugde van die karakter van Christus.
Jesus het voortgegaan en die teenstelling skerp laat uitkom tussen
die posisie van die Jode en dié van Abraham: “Abraham, julle vader,
het hom verheug dat hy My dag sou sien; en hy het dit gesien en het
hom verbly.”
Abraham het sterk begeer om die beloofde Verlosser te sien. Hy
het vurig gebid dat hy, vóór hy sterwe, die Messias mag sien. En hy
het Christus gesien. Bonatuurlike lig is aan hom gegee, en hy het
Christus se goddelike karakter erken. Hy het Sy dag gesien en was
bly. Hy het ’n gesig gesien van die goddelike slagoffer. Daarvan het
hy ’n illustrasie gehad in sy eie lewe. Die bevel het tot hom gekom,
“
Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet . . . en offer hom daar as
brandoffer.” Gen. 22: 2. Op die altaar het hy die seun van belofte
gelê, die seun in wie al sy hoop was. En toe, terwyl hy by die altaar
gewag het, met mes opgehef om God te gehoorsaam, het hy ’n stem
uit die hemel hoor sê, “Moenie jou hand na die seun uitsteek nie en
doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun,
jou enigste, van My nie teruggehou het nie.” Gen. 22: 12. Hierdie
vreeslike toets is aan Abraham gestel sodat hy die dag van Christus
kon sien en Gods groot liefde vir die wêreld kon verstaan —’n liefde
so groot dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het om die skanddood te
[479]
sterf om sondaars te red.
Abraham het van God die grootste les geleer wat nog ooit aan
’
n sterweling gegee is. Sy bede dat hy Christus mag sien vóór sy
sterfdag is beantwoord. Hy het Christus gesien; hy het alles gesien
wat ’n sterweling se oë kon sien en nog kan leef. Deur ’n volkome
oor- gawe kon hy die gesig wat hy van Christus gesien het, verstaan.
Aan hom is getoon dat God deur Sy eniggebore Seun te gee om
sondaars van die ewige dood te red, ’n baie groter offer gegee het as
wat ’n mens ooit kon gee.