426
DIE KONING VAN DIE EEUE
. . .
Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.” Joh.
8: 44, 45.
Die feit dat Jesus die waarheid gespreek het met sulke besliste
sekerheid was die rede waarom die Joodse leiers Hom nie aange-
neem het nie. Dit was die waarheid wat hierdie eiegeregtige manne
aanstoot gegee het. Die waarheid het die dwaalleer aan die kaak
gestel; dit het hulle leer en gebruike veroordeel, en dit was dus
onwelkom. Hulle sou liewer hulle oë vir die waarheid sluit as om
hulleself te verneder om te erken dat hulle verkeerd was. Hulle het
nie die waarheid liefgehad nie. Hulle het dit nie begeer nie, al was
dit die waarheid.
“
Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid
spreek, glo julle My nie.” Dag vir dag, vir drie jaar lank, het Christus
se vyande Hom agtervolg en gesoek na ’n klad op Sy karakter. Die
Satan en al sy bose leërskare het geprobeer om Hom te oorwin; maar
hulle kon niks in Hom vind om die oorhand oor Hom te kry nie.
Selfs die duiwels moes teen wil en dank erken, “U is die Heilige van
God.” Markus 1: 24. Jesus het die wet uitgeleef voor die hemelse
toeskouers, voor al die wêrelde wat nie in die sonde geval het nie,
en voor sondige mense. Voor engele, mense, en duiwels, het Hy,
sonder teenspraak, woorde gespreek wat op die lippe van enige
ander persoon godslastering sou gewees het: Ek doen altyd “wat
Hom welgevallig is.”
Die feit dat die Jode Christus nie wou aanneem alhoewel hulle
geen sonde teen Hom kon inbring nie, was bewys dat hulle self geen
verbinding met God gehad het nie. Hulle het nie Sy stem herken in
die boodskap van Sy Seun nie. Hulle het gedink dat hulle die vonnis
oor Christus uitgespreek het, maar deur Hom te verwerp, het hulle
hulleself gevonnis. “Die wat uit God is,” het Hy gesê, “luister na die
[478]
woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is
nie.”
Hierdie les geld vir alle tye. Menige man wat homself begeef tot
haarklowery, wat kritiseer, en na iets soek in Gods Woord om oor
te stry, dink dat hy daardeur toon dat hy ’n onafhanklike denker en
verstandelik baie wakker is. Hy stel homself aan as regter oor die
Bybel wanneer hy inderwaarheid homself veroordeel. Hy openbaar
daardeur dat hy nie in Staat is om die waarhede van die hemel wat
ewige dinge insluit, te waardeer nie. Voor die groot berg van Gods