“
Die Lig van die Lewe”
425
heer- likheid en waardigheid van die mens. Die goddelike wet waar-
toe ons in onderwerping gebring word, is die “wet van vryheid.”
(
Jakobus 2: 12.)
Die Fariseërs het verklaar dat hulle kinders van Abraham is. Jesus
het hulle daarop gewys dat hulle hierdie aanspraak kon handhaaf
alleen deur die werke van Abraham te doen. Die ware kinders van
Abraham sal lewe soos hy geleef het, ’n lewe van gehoorsaamheid
aan God. Hulle sou nie probeer om Iemand dood te maak wat die
waarheid spreek wat deur God aan Hom gegee is nie. Deur planne
teen die lewe van Christus te smee, was die rabbi’s nie besig om
die werke van Abraham te doen nie. Om ’n gewone afstammeling
van Abraham na die vlees te wees, het geen waarde nie. Sonder
geestelike verwantskap aan hom, wat geopenbaar sal word deur
dieselfde gees te hê as hy en dieselfde werke te doen, is hulle geen
kinders van hom nie.
Hierdie beginsel geld eweseer vir ’n vraag wat die Christen-
wêreld al lank besig gehou het, naamlik die vraag van apostoliese
opvolging. Afstamming van Abraham is bewys, nie deur naam of
stamboom nie, maar deur gelykheid aan karakter. So berus die apos-
toliese opvolging nie op die oordrag van geestelike gesag nie, maar
op geestelike verwantskap. ’n Lewe besiel deur die gees van die
apostels, die geloof en verkondiging van die waarheid wat hulle
geleer het, dit is die ware bewys van apostoliese opvolging. Dit is
wat mense die opvolgers maak van die eerste verkondigers van die
evangelie.
Jesus het ontken dat die Jode kinders van Abraham is. Hy het
gesê, “Julle doen die werke van jul vader.” Smalend het hulle geant
woord, “Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik
[477]
God.” Hierdie woorde, skimpende op die omstandighede van Sy ge-
boorte, was bedoel as dolksteek vir Christus in die teenwoordigheid
van diegene wat in Hom begin glo het. Jesus het nie gereageer op
daardie gemene insinuasie nie, maar het gesê, “As God julle vader
was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom.”
Hulle werke het getuig van hulle verwantskap met een wat ’n
leue- naar en moordenaar is. “Julle het die duiwel as vader,” het
Jesus gesê, “en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was
’
n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid
nie.