424
DIE KONING VAN DIE EEUE
My dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle
vrymaak.”
Hierdie woorde het die Fariseërs aanstoot gegee. Hulle het die
nasie se lang onderwerping onder ’n vreemde juk veronagsaam en
woedend uitgeroep: “Ons is uit die geslag van Abraham en het
nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal
vry word?” Jesus het hierdie mense betrag — die slawe van haat,
en wat gedurig net aan wraak gedink het — en droefgeestig gesê,
“
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen,
’
n slaaf is van die sonde.” Hulle was in die ergste soort slawerny
—
regeer deur die gees van boosheid.
Elke siel wat weier om homself aan God oor te gee, is onder die
beheer van ’n ander mag. Hy behoort nie aan homself nie. Hy mag
van vryheid praat, maar hy is in die ergste slawerny. Hy word nie
’
toegelaat om die heerlikheid van die waarheid te sien nie, want sy
verstand is onder die beheer van die Satan. Hoewel hy homself mag
vlei dat hy sy eie oordeel volg, gehoorsaam hy in werklikheid die
wil van die vors van die duisternis. Christus het gekom om die bande
van die sonde te verbreek en die siel vry te maak. “As die Seun julle
dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.” “Die wet van die
Gees van die lewe in Christus Jesus,” maak ons vry “van die wet van
die sonde en die dood.” Joh. 8: 36; Rom. 8: 2.
In die aanname van die verlossing is daar geen dwang nie. Geen
uiterlike krag word aangewend nie. Onder die invloed van die Gees
van God is die mens vry om te kies wie hy wil dien. In die veran-
dering wat daar plaasvind wanneer die siel homself aan Christus
oor- gee, is daar vryheid in die hoogste sin. Die uitwerping van die
sonde is ’n daad van die siel self. Dit is waar, ons het geen krag om
[476]
onsself te bevry van die Satan se mag nie; maar wanneer ons begeer
om van die sonde bevry te word, en ons in ons groot nood smeek
om krag bui- tekant onsself, word die kragte van die siel versterk
met die goddelike krag van die Heilige Gees, en gehoorsaam hulle
ons wil in die vervulling van die wil van God.
Die enigste voorwaarde waarop vryheid vir die mens moontlik
is, is om een met Christus te word. “Die waarheid sal julle vrymaak;”
en Christus is die waarheid. Die sonde behaal die oorwinning alleen
deur die verstand te verswak en die vryheid van die siel te vernietig.
Onderwerping aan God beteken ons herstel —herstel tot die ware