Page 427 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Lig van die Lewe”
423
onderwys” word gegee deur Hom “in wie al die skatte van wysheid
en kennis verborge is.” “In Hom was lewe, en die lewe was die lig
van die mense.” Kol. 2: 3; Joh. 1: 4. “Wie My volg,” het Jesus gesê,
sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die
lewe hê.”
In die woorde, “Ek is die lig van die wêreld,” het Jesus Homself
as die Messias verklaar. Die oue Simeon het in die tempel, waar
Christus nou geleer het, van Hom gespreek as “’n lig tot verligting
van die nasies en tot heerlikheid van U volk Israel.” (Lukas 2: 32.)
Met hierdie woorde het hy op Hom ’n profesie toegepas waarmee
die hele Israel bekend was. Deur die profeet Jesaja het die Heilige
Gees verklaar: “Dit is te gering dat U My kneg sou wees om op te
rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel:
Ek het U gemaak ’n lig van die nasies om My heil te wees tot aan
die einde van die aarde.” Jes. 49: 6. Hierdie profesie is algemeen
toegepas op die Messias, en toe Jesus gesê het, “Ek is die lig van
die wêreld,” kon die mense dit nie anders neem as dat Hy aanspraak
gemaak het dat Hy die Beloofde Een is nie.
Vir die Fariseërs en owerstes was hierdie aanspraak hooghartige
vermetelheid. Dat ’n mens soos hulle hom so kon aanmatig, was
iets wat hulle nie kon gedoog nie. Hulle het Sy woorde skynbaar
veron- agsaam, en gevra, “Wie is U dan?” Hulle wou Hom dwing
om reguit te sê dat Hy die Christus is. Sy voorkoms en werk het
so verskil van wat die volk verwag het, dat hulle gemeen het dat ’n
regstreekse verklaring deur Homself dat Hy die Messias is, die volk
sou beweeg het om Hom te verwerp as ’n bedrieër.
Maar op hulle vraag, “Wie is U dan?” het Jesus geantwoord, “Juis
dit wat Ek vir julle sê.” Joh. 8: 25. Wat in Sy woorde geopenbaar
is, is ook in Sy karakter geopenbaar. Hy was die verpersoonliking
[475]
van die waarhede wat Hy geleer het. “Uit Myself doen Ek niks nie;
maar net wat My Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My
gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat
Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.” Hy het nie geprobeer om
Sy aanspraak op die Messiasskap te bewys nie, maar het Sy eenheid
met God aangetoon. As hulle harte oop was vir Gods liefde, sou
hulle Jesus ontvang het.
Onder Sy toehoorders is baie tot Hom getrek in die geloof, en
aan hulle het Hy gesê, “As julle in My woord bly, is julle waarlik