422
DIE KONING VAN DIE EEUE
van die goddelike Gees, na die simbool verwys wat Christus gebruik
het: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle
tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat
die dag aanbreek en die morester opgaan in julle harte.” .2 Pet 1: 19.
In die openbaring van God aan Sy kinders, was lig altyd die sim-
bool van Sy teenwoordigheid. Met die skeppingswoord in die begin,
het lig geskyn uit die duisternis. Daar was lig in die wolkkolom
bedags en in die vuurkolom snags, wat die leërskare van Israel gelei
het. Lig in verskriklike heerlikheid het geskyn rondom die Here op
die berg Sinai. Lig het geskyn op die versoendeksel in die tabernakel.
Lig het die tempel van Salomo vervul by die wyding daarvan. Lig
het geskyn op die berge van Betlehem toe die engele die boodskap
van verlossing aan die wakende skaapwagters gebring het.
God is lig; en in die woorde, “Ek is die lig van die wêreld,” het
Christus Sy eenheid met God verklaar, en Sy verhouding tot die
hele menslike geslag. Dit was Hy wat in die begin gesê het dat daar
“
uit duisternis lig moet skyn” (2 Kor. 4:6.) Hy is die lig van die
son, maan, en sterre. Hy is die geestelike lig wat in simbool, tipe,
en profesie op Israel geskyn het. Maar die lig is nie aan die Joodse
nasie alleen gegee nie. Soos die sonstrale tot in die verste uithoeke
van die aarde skyn, so bestraal die lig van die Son van Geregtigheid
elke siel.
“
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die
wêreld.” Die wêreld het sy groot leraars gehad, manne van reuse-
intellek en wonderbaarlike navorsing, manne wie se woorde die
wêreld laat dink het en wat nuwe sfere van kennis geopenbaar het; en
hierdie manne is geëer as leiers en weldoeners van hulle volk. Maar
daar is Iemand wat hoër as hulle staan. “Almal wat Hom aangeneem
het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word.”
[474]
“
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die
boesem van die Vader is, Dié het Hom verklaar.” Joh. 1: 12, 18. Ons
kan die linie van die wêreld se groot leraars terugspoor sover as wat
menslike oorkondes gaan, maar die Lig was vóór hulle. Soos die
maan en sterre van ons sonnestelsel skyn met geweerkaatste lig van
die son, net so, sover hulle leer reg is, weerkaats die groot denkers
van die wêreld die strale van die Son van Geregtigheid. Elke kosbare
gedagte, elke flits van die verstand, kom van die Lig van die wêreld.
In hierdie tyd hoor ons baie van “hoër onderwys.” Die ware “hoër