Page 425 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Lig van die Lewe”
EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van
die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel
nie, maar sal die lig van die lewe hê.”
Toe Hy hierdie woorde gespreek het, was Jesus in die hof van
die tempel wat spesiaal in verband gestaan het met die Huttefees. In
die senter van die hof was daar twee lang pale waarop groot lampe
was. Na die aandoffer is al die lampe opgesteek en het hulle lig
oor Jerusalem geskyn. Hierdie seremonie was ter gedagtenis aan
die vuurkolom wat Israel in die woestyn gelei het, en dit is ook
beskou as simbool wat gewys het op die komende Messias. Saans
as die lampe aangesteek is, was die hof ’n toneel van groot vreugde.
Grysaards, die priesters van die tempel, en die owerstes van die volk
het deelgeneem aan fees- danse begelei deur musiek en die sang van
die Leviete.
In die verligting van Jerusalem het die mense uiting gegee aan
hulle hoop op die koms .van die Messias om Israel met Sy lig te
bestraal. Maar vir Jesus het die toneel ’n groter betekenis gehad.
Soos die helderskynende lampe van die tempel alles rondom hulle
verlig het, so sal Christus, die Bron van geestelike lig, die donker
wêreld verlig. Maar die simbool was onvolmaak. Die groot lig wat
Sy eie hand aan die hemeltrans gestel het, was ’n meer waaragtige
voorstelling van die heerlikheid van Sy sending.
[473]
Dit was more; die son het net agter die Olyfberg opgekom, en
sy strale het met verblindende lig op die marmerpaleise geval, en
die goud van die tempelmure verlig, toe Jesus daarop gewys en gesê
het, “Ek is die lig van die wêreld.”
Deur iemand wat hierdie woorde gehoor het, is hulle lank daarna
weergegee in daardie verhewe skriftuur, “In Hom was lewe, en die
lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” “Die waaragtige lig wat
elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.” Joh. 1:4, 5, 9. En lank
ná Jesus na die hemel opgevaar het, het ook Petrus onder ingewing
421