Page 424 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

420
DIE KONING VAN DIE EEUE
In die vergifnis van die sonde van hierdie vrou, en die aanmoedi-
ging om ’n beter lewe te lei, sien ons die karakter van Jesus skyn met
die skoonheid van volmaakte geregtigheid. Hoewel Hy nie die sonde
deur die vingers sien nie, of die skuldgevoel wil verminder nie, wil
Hy graag red en nie veroordeel nie. Vir hierdie sondige vrou het die
wêreld niks anders as veragting gehad nie, maar Jesus spreek tot
haar woorde van vertroosting en hoop. Die Sondelose Een ontferm
Hom oor die swakheid van die sondaar, en reik die helpende hand
tot haar. Terwyl die skynheilige Fariseërs haar veroordeel het, het
Jesus aan haar gesê, “Gaan heen en sondig nie meer nie.”
Hulle is nie volgelinge van Christus wat hulle oë afwend en
wegdraai van die sondaars en hulle alleen laat om op hulle verderflike
weg voort te gaan nie. Diegene wat op die voorpunt staan om ander
te beskuldig en hulleself beywer om hulle te laat boet, is dikwels
in hulle eie lewens baie skuldiger. Mense haat die sondaar terwyl
hulle die sonde liefhet. Christus haat die sonde, maar het die sondaar
lief. Dit sal ook die gees wees van almal wat navolgers van Hom is.
Christelike liefde is traag om te veroordeel, gou om berou te sien,
gereed om te vergewe, om te bemoedig, om die afgedwaalde in die
pad van heiligheid te bring en sy voete daarop te hou.
[472]