44
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Jode was self verantwoordelik vir hierdie ramp. As hulle
getrou en nederig voor God gewandel het, sou Hy die woede van
die koning van hulle afgewend het. Maar deur hulle sondes het hulle
hulleself afgeskei van God, en hulle het Sy Heilige Gees verwerp
wat hulle enigste skild was. Hulle het die Skrifte nie ondersoek met
’
n begeerte om die wil van God te doen nie. Hulle het die profesieë
uitgesoek wat hulle, volgens hulle eie uitleg, as volk verhef het om
te wys hoedat God alle ander volke verag het. Hulle het daarmee
gespog dat die Messias sou kom as koning, Sy vyande sou oorwin,
en die heidene in Sy woede sou vertree. Op hierdie wyse het hulle
die mis- noeë van hulle regeerders verwek. Deur hulle verkeerde
vertolking. van Christus se sending het die Satan probeer om die
[59]
Heiland om die lewe te bring; maar alles het op hulle eie hoof
neergekom.
Hierdie wrede daad van Herodes was een van die laaste wat sy
skrikbewind beklad het. Kort ná die slagting van die kindertjies, is
hy self opgeëis deur daardie onverbiddelike vyand wat niemand kan
afslaan nie — hy het ’n vreeslike dood gesterf.
Josef, wat nog in Egipteland was, is deur die engel van God
beveel om terug te keer na die land van Israel. Omdat Josef Jesus
beskou het as die troonopvolger van Dawid, was hy van plan om in
Betlehem te gaan woon, maar toe hy hoor dat Archelaus in Judea
in sy vader se plek geregeer het, was hy bevrees dat hy sy vader
se planne teen Christus mag uitvoer. Van al Herodes se seuns was
Archelaus die meeste soos sy vader. Sedert sy bestyging van die
troon was daar alreeds ’n opstand in Jerusalem, en duisende Jode is
deur die Romeinse soldate gedood.
Weer is Josef na ’n plek van veiligheid gelei. Hy het na Nasaret
teruggekeer, sy vorige woonplek, en daar het hy vir byna dertig jaar
gewoon “sodat vervul sou word wat gespreek is deur die profete dat
Hy Nasarener sal genoem word.” Galilea het onder een van die seuns
van Herodes gestaan, maar dit het meer uitlandse bewoners gehad
as Judea. Om hierdie rede was daar nie so ’n groot belangstelling in
Joodse sake nie, en die aansprake van Jesus sou daar nie so maklik
die jaloesie van die gesagvoerders opwek nie.
Dit was die ontvangs wat die Verlosser gekry het toe Hy na die
aarde gekom het. Skynbaar was daar geen veiligheidsoord of rusplek
vir die Kind-Verlosser nie. God kon die mense nie met Sy Seun