Page 47 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het Sy Ster Gesien
43
afgedwing het, het mense die profesieë aangaande die Messias laat
ondersoek en die aandag toegespits op die groot gebeurtenis wat juis
toe plaasgevind het.
Die Satan was daarop uit om die goddelike lig van die wêreld
weg te hou, en hy het die grootste lis aan die dag gelê om die Heiland
dood te maak. Maar Hy wat nooit slaap of sluimer nie, het géwaak
oor Sy geliefde Seun. Hy wat die manna uit die hemel aan Israel
gegee het, en Elia gevoed het in die tyd van hongersnood, het in ’n
[57]
heidense land ’n toevlugsoord berei vir Maria en die Kind Jesus.
Deur die gifte van die magiërs uit ’n heidense land het die Here die
middele voorsien vir die reis na Egipte en die verblyf in die land van
vreemdelinge.
Die magiërs was onder die eerstes om die Verlosser te verwel-
kom. Hulle gifte was die eerste wat aan Sy voete gelê is. En watter
voorreg van diens het hulle geniet deur daardie gifte! God vereer
graag die offer van die hart wat liefhet, en dit word gebruik vir die
beste diens vir Hom. As ons ons harte aan Jesus gegee het, sal ons
ook ons gifte bring. Ons goud en silwer, ons kosbaarste aardse besit-
tings, of beste verstandelike en geestelike vermoëns sal vryelik gegee
word aan Hom wat ons liefgehad het en Homself vir ons oorgegee
het.
Ongeduldig het Herodes in Jerusalem gewag op die terugkoms
van die wyse manne. Met verloop van tyd toe hulle nie verskyn het
nie, is sy agterdog opgewek. Die onwilligheid van die rabbi’s om
die geboorteplek van die Messias aan te wys, het skynbaar aangedui
dat hulle deur sy planne gesien het en dat die magiërs hom opsetlik
[58]
vermy het. Die gedagte het hom waansinnig gemaak. Lis het misluk,
maar hy kon nog sy toevlug neem tot geweld. Hy sou ’n voorbeeld
maak van hierdie Kind-Koning. Hy sou daardie hoogmoedige Jode
laat sien wat hulle kan verwag as hulle sou probeer om ’n koning op
die troon te plaas.
Soldate is onmiddellik na Betlehem gestuur met opdrag om alle
kinders van twee jaar en daaronder dood te maak. Die stil wonings
van die stad van Dawid het daardie skriktonele gesien wat seshon-
derd jaar tevore deur die profeet beskryf is: “’n Stem is in Rama
gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar
kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is
nie.”