42
DIE KONING VAN DIE EEUE
hulle groot blydskap het hulle weer die ster gesien, en hulle is na
Betlehem gelei. Daar is aan hulle niks meegedeel aangaande die
nederige geboorte van Jesus soos aan die skaapwagters nie. Na hulle
vermoeiende reis was hulle teleurgestel deur die onverskilligheid van
die Joodse leiers, en hulle het Jerusalem verlaat met minder vertraue
as wat hulle die stad binnegegaan het. By Betlehem het hulle geen
koninklike wag gevind om die pasgebore Koning te beskerm nie.
Geeneen van die wêreld se geëerde manne het hulle opwagting daar
gemaak nie. Jesus het in die krip gelê. Sy ouers, ongeleerde armes,
[56]
was Sy enigste be- skermers. Kon dit Hy’ wees van wie daar geskryf
is dat Hy “die stamme van Jakob sou oprig”, en die “gespaardes in
Israel” sou terug- bring; dat Hy ’n lig vir die nasies sou wees om die
saligheid te bring “tot aan die einde van die aarde”? (Jes. 49: 6.)
“
Hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder,
gekry en neergeval en Hom hulde bewys.” In die nederige voor-
komste van Jesus het hulle die teenwoordigheid van die Godheid
erken. Hulle het hulle harte aan Hom oorgegee as hulle Verlosser, en
toe het hulle hulle gifte gegee— “goud en wierook en mirre.” Watter
sterk geloof was hulle s n! Dit kan van die wyse manne uit die Ooste
gesê word soos later van die Romeinse kaptein gesê is, “Voorwaar
Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind
nie.” Matt. 8: 10.
Die wyse manne het nie deur Herodes se plan met Jesus gesien
nie. Toe hulle die doel van hulle reis bereik het, het hulle aanstaltes
gemaak om na Jerusalem terug te keer, met die voorneme om hom te
verwittig van hulle sukses. Maar in ’n droom het hulle ’n godde- like
boodskap ontvang om nie verder met hom in verbinding te tree nie.
Hulle het Jerusalem vermy en na hulle eie land vertrek met ’n ander
pad.
Net so ook is Josef gewaarsku om na Egipteland te vlug met
Maria en die kindjie. Die engele het aan Josef gesê, “Bly daar totdat
ek jou sal sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood
te maak.” Josef het sonder versuim gehoorsaam, en het in die nag
vertrek vir groter veiligheid.
Deur die wyse manne het God die aandag van die Joodse volk
gevestig op die geboorte van Sy Seun. Hulle navraag in Jerusa-
lem, die algemene belangstelling wat daar opgewek is, en selfs die
jaloesie van Herodes wat die aandag van die priesters en rabbi’s