Page 45 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het Sy Ster Gesien
41
Herodes het toe die magiërs uitgenooi tot ’n private onderhoud.
Daar het n storm van woede en vrees gewoed in sy hart, maar hy het
n kalm uiterlike bewaar, en die vreemdelinge hoflik ontvang. Hy het
by hulle verneem watter tyd die ster verskyn het, en gemaak of hy
met blydskap die nuus ontvang het van die geboorte van Christus.
Hy het aan sy besoekers opdrag gegee: “Gaan doen noukeurige
ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat
ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.” So gesê, het hy hulle laat
gaan op weg na Betlehem.
[55]
Die priesters en ouderlinge van Jerusalem was nie so onkundig
omtrent die geboorte van Christus as wat hulle voorgegee het nie.
Die rapport van die engele se besoek aan die skaapwagters is na
Jerusalem gebring, maar die rabbi’s het dit met veragting bejeën.
Hulle self kon Jesus gevind het, en hulle mag gereed gewees het om
die magiërs na Sy geboorteplek te lei; maar pleks daarvan het die
wyse manne gekom en hulle aandag gevestig op die geboorte van
die Messias. “Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?” het
hulle gevra; “want ons het Sy ster in die Ooste gesien en gekom om
Hom hulde te bewys.”
Nou het hoogmoed en jaloesie die deur gesluit vir die lig. As
daar enige waarheid was in die rapporte van die skaapwagters en die
wyse manne, sou dit die priesters en rabbi’s in ’n baie ongemaklike
posisie plaas, want dit sou hulle aanspraak loënstraf dat hulle die
verklaarders van Gods waarheid was. Hierdie geleerde leraars sou
hulle nie laat leer deur diegene wat hulle as heidene beskou het nie.
Dit kan nie wees, het hulle gesê, dat God hulle sou verbygaan en
mededelings sou maak aan ongeleerde skaapwagters en onbesnede
heidene nie. Hulle het toe besluit om die rapporte wat Koning He-
rodes en die hele Jerusalem ontstel het, met veragting te bejeën.
Hulle wou nie eens na Betlehem gaan om te sien of hierdie dinge
so was nie. Hulle het die volk beïnvloed om die belangstelling in
Jesus as fanatieke opwinding te beskou. Hier het die verwerping van
Christus deur die priesters en rabbi’s begin. Van hierdie punt af het
hulle hoogmoed en halsstarrigheid aangegroei tot besliste haat vir
die Heiland. Terwyl God besig was om die deur vir die heidene te
open, was die Joodse leiers besig om die deur teen hulleself te sluit.
Die wyse manne is alleen van Jerusalem weg. Die skaduwees
van die nag het toegesak toe hulle die poorte verlaat het, maar tot