40
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die priesters was besig met die herhaling van die tradisies. Hulle
het hulle eie godsdiens en vroomheid aangeprys, terwyl hulle die
Grieke en Romeine uitgeskel het as heidene, en sondaars bo alle
ander. Die wyse manne was nie afgodedienaars nie, en in die oë
van God staan hulle ver bokant hierdie manne wat voorgee om Sy
dienaars te wees; maar die Jode beskou hulle as heidene. Selfs onder
die aangestelde bewaarders van die Heilige Godsprake vind hulle
navrae geen aanklank nie.
Die gerugte van die aankoms van die magiërs het gou deur
Jerusalem versprei. Hulle vreemde sending het opgewondenheid
onder die volk verwek, en het ook die paleis van Koning Herodes
[54]
bereik. Hierdie sluwe Edomiet het dadelik geskrik by die gedagte
aan ’n moontlike mededinger. Talryke moorde het sy pad na die
troon bevlek. Omdat hy van vreemde bloed was, is hy gehaat deur
die volk oor wie hy geregeer het. Sy enigste veiligheid was geleë in
die guns van Rome. Maar hierdie nuwe Vors het ’n hoër aanspraak
gehad. Hy is erfgenaam van die koninkryk gebore.
Herodes het die priesters verdink dat hulle saam met die vreemde
besoekers ’n opstand gesmee het om hom te onttroon. Hy het sy
agterdog verberg, maar was vasbeslote om hulle planne in die war
te stuur deur sy sluheid. Hy het die owerpriesters en skrifgeleerdes
ontbied en hulle ondervra aangaande die leer van hulle heilige boeke
met betrekking tot die plek van die Messias se geboorte.
Hierdie navraag van die indringer, en gedoen op versoek van
die vreemde besoekers, het die hoogmoed van die Joodse leraars
gekwes. Die onverskilligheid waarmee hulle die profetiese rolle
nageslaan het, het die jaloerse tiran gebelg. Hy het gedink dat hulle
probeer het om hulle kennis van die saak te verberg. Met gesag wat
hulle nie durf veronagsaam nie, het hy hulle beveel om deeglike
ondersoek in te stel na die geboorteplek van hulle verwagte Koning.
“
En hulle het vir hom gesê: Op Betlehem in Judea, want so is daar
deur die profeet geskrywe:
En jy, Betlehem, land van Judea,
Is volstrek nie die geringste onder die vorste van Judea nie,
Want uit jou sal ’n Leidsman voortkom
Wat vir my volk Israel ’n herder sal wees.”