Ons het Sy Ster Gesien
39
nie. Hulle was nogtans onder die indruk dat die ster van spesiale
betekenis vir hulle was. Hulle het priesters en filosowe geraadpleeg,
en die boek- rolle van die ou oorkondes deursoek. Die profesie
van Bileam het gelui: “’n Ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n
septer kom uit Israel op.” Num. 24: 17. Sou hierdie vreemde ster
die voorloper kan wees van die Beloofde Een? Die magiërs het die
lig van die hemelse waarheid verwelkom; nou het dit op hulle met
helder strale geskyn. In drome is hulle beveel om die nuwe Prins
wat gebore is, te gaan opsoek.
Net soos Abraham deur die geloof uitgegaan het op die roepstem
van God “sonder om te weet waar hy sal kom” (Heb. 11:8); net soos
Israel die wolkkolom gevolg het na die beloofde land, so het hierdie
manne uitgegaan om die beloofde Verlosser te gaan soek. Daardie
land van die Ooste was ryk aan kostelikhede, en die magiërs het nie
met leë hande gegaan nie. Dit was die gebruik om presente te gee
aan prinse en persone van hoë rang as ’n huldeblyk, en van die rykste
gifte in die land het hulle saamgeneem as offergawe aan Hom in
wie al die geslagte van die aarde geseën sou word. Dit was nodig vir
hulle om in die nag te reis sodat hulle die ster kon sien; hulle het die
tyd verdryf deur vir mekaar die oorlewerings en profetiese gesegdes
te herhaal aangaande die Een na wie hulle gaan soek het. Waar hulle
stilgehou het om te rus, het hulle die profesieë nagegaan, en die
oortuiging het by hulle al sterker geword dat hulle op goddelike
wyse gelei word. Terwyl hulle die ster voor hulle gehad het as ’n
uiterlike teken, het hulle ook die innerlike getuienis van die Heilige
Gees gehad, wat ’n indruk op hulle harte gemaak en hulle met hoop
[53]
besiel het. Die reis, hoewel lank, was ’n genot vir hulle.
Hulle het die land van Israel bereik, en toe hulle die Olyfberg
afgaan, met Jerusalem daar voor hulle, het die ster wat hulle op die
hele pad gelei het, bokant die tempel stilgestaan, en na ’n tydjie
het hulle dit nie meer gesien nie. Met gretige voetstappe is hulle
voorwaarts, verwagtende dat almal met blydskap sou praat van die
Messias se geboorte. Maar hulle doen tevergeefs navraag. In die
heilige stad gekom, is hulle na die tempel. Tot hulle verbasing ont-
dek hulle dat niemand enige kennis dra van die pasgebore Koning
nie. Hulle vrae ontlok geen uitings van blydskap nie, maar eerder
verbasing en vrees, gepaard met veragting.