Page 42 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Ons het Sy Ster Gesien
EN toe Jesus op Betlehem in Judea gebore is, in die dae van
koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem
aan- gekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?
Want ons het Sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde
te bewys.”
Die wyse manne uit die Ooste was filosowe. Hulle het behoort
aan ’n groot en invloedryke klas wat manne van die adel ingesluit het
en wat die grootste gedeelte van die rykdom en geleerdheid van hulle
volk besit het. Onder hulle was daar baie wat die liggelowigheid van
die volk uitgebuit het. Sommige was opreg wat die openbarings van
die Voorsienigheid in die natuur bestudeer het, en wat geëer was vir
hulle opregtheid en wysheid. Die wyse manne wat Jesus kom soek
het, was van hierdie klas.
Die lig van God skyn maar altyd in die duisternis van die hei-
dendom. Waar hierdie magiërs die sterrehemel bestudeer en gesoek
het om die verborgenheid van hulle verligte bane te peil, het hulle
die heerlikheid van die Skepper aanskou. Soekende na meer kennis,
het hulle hulle gewend tot die Hebreeuse Skrifte. In hulle eie land is
daar profetiese geskrifte gehuldig wat die koms van die goddelike
leraar voorspel het. Bileam was ’n magiër, alhoewel hy eentyd ’n
profeet van God was; deur die Heilige Gees het hy die voorspoed
[52]
van Israel en die koms van die Messias voorspel; en sy profesieë is
deur die tradisie van eeu tot eeu oorgedra. Maar in die Ou Testament
is die koms van die Heiland duideliker voorspel. Die magiërs het
met blydskap verneem dat Sy koms naby was, en dat die hele wêreld
vervul sou word met ’n kennis van die heerlikheid van God.
Die wyse manne het ’n misterieuse lig aan die hemeltrans gesien
daardie nag toe die heerlikheid van God die berge van Betlehem
verlig het. Toe die lig verdof het, het daar ’n blink ster verskyn en
in die lug gebly. Dit was nie ’n gevestigde ster of ’n planeet nie,
en die verskynsel het groot belangstelling opgewek. Daardie ster
was ’n aantal blink engele, maar die wyse manne het dit nie geweet
38