Page 41 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Wyding
37
te bring, het die Satan die venyn van sy haat teen God geopenbaar.
Hy het bewys dat die ware doel van sy rebellie was om God te
onttroon, en Hom te vernietig deur wie God Sy liefde geopenbaar
het.
Deur die lewe en dood van Christus, is die gedagtes van mense
blootgestel. Van die krip tot die kruis, was die lewe van Jesus ’n
oproep tot selfopoffering en gemeenskap met lyde. Dit het die doel-
witte van die mense ontsluier. Jesus het gekom met die waarheid
van die hemel, en almal wat geluister het na die stem van die Hei-
lige Gees is tot Hom getrek. Diegene wat die eie-ek aanbid het, het
behoort aan die koninkryk van die Satan. In hulle houding teenoor
Christus sal almal wys aan wie se kant hulle staan. Op hierdie wyse
spreek elkeen die oordeel oor homself uit.
In die dag van die eindoordeel, sal elke verlore siel die aard van
sy eie verwerping van die waarheid verstaan. Die kruis sal voorgestel
en die ware houding daarteenoor sal gesien word in elke hart wat deur
die sonde verblind is. Voor die gesig van Golgota met sy misterieuse
Slagoffer, sal sondaars veroordeel staan. Elke leuenagtige ekskuus
sal weggeveeg word. Die afvalligheid van die mens sal gesien word
in sy ware sondige karakter. Die mense sal sien wat hulle keuse was.
Elke vraag oor waarheid en dwaalleer in die lankuitgerekte stryd sal
verduidelik word. In die oordeel van die heelal sal God staan,vry
gespreek van alle blaam vir die ontstaan en voortduring van die sonde
[50]
Daar sal gedemonstreer word dat die goddelike dekrete nie die sonde
in die hand gewerk het nie. Daar was geen fout in Gods regering
geen rede vir ontevredenheid nie. Wanneer die gedagtes van alle
harte geopenbaar sal wees, sal getroues sowel as die opstandelinge
verklaar: “Regverdig en waaragtig is U weë, o Koning van die
heiliges! Wie sal U nie vrees nie, Here, en U Naam nie verheerlik
nie? . . . omdat U regverdige dade openbaar geword het.” Openb.
[51]