36
DIE KONING VAN DIE EEUE
“’
n swaard sal deur jou eie siel gaan,” het God in Sy tere ontferming
aan die moeder van Jesus die angs bekendgemaak wat sy reeds begin
ondervind het.
“
Kyk,” het Simeon gesê, “hierdie Kind is bestemd vir ’n val en
opstanding van baie in Israel en vir ’n teken wat weerspreek sal
word.” Diegene moet val wat weer wil opstaan. Ons moet op die
Rots val en gebreek word voordat Christus ons kan ophef. Die eie-ek
moet onttroon word, en hoogmoed moet verneder word as ons die
heer-likheid van die geestelike koninkryk wil smaak. Die Jode wou
nie die eer aanneem wat deur vernedering kom nie. Daarom wou
hulle nie hulle Verlosser aanneem nie. Hy was ’n teken wat hulle
weerspreek het.
“
Sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.” In die
lig van die Heiland se lewe word die gedagtes van alle harte, van
die Skepper tot die vors van duisternis geopenbaar. Die Satan het
God voorgestel as selfsugtig en ’n verdrukker, iemand wat alles
neem en niks gee nie, wat die diens van Sy skepsels verg vir Sy eie
heerlikheid, en wat nooit iets opoffer vir hulle voordeel nie. Maar in
die gawe van Christus is die Vader se hart geopenbaar. Dit getuig
dat die gedagtes wat God teenoor ons koester “gedagtes van vrede
en nie van onheil” is nie. Jer. 29: 11. Dit verklaar dat alhoewel Gods
haat vir die sonde so sterk as die dood is, Sy liefde vir die sondaar
sterker; as die dood is. Hy het ons verlossing onderneem, en Hy sal
[49]
niks terughou, al is dit ook hoe dierbaar vir Hom, wat nodig mag
wees vir die volvoering van Sy verlossingswerk nie. Geen waarheid
wat nodig is vir ons redding, word teruggehou nie, geen wonderwerk
van genade word versuim, en geen goddelike middel word ongebruik
gelaat nie. Guns op guns, en gawe op gawe word vir ons opgehoop.
Die hele skatkamer van die hemel is oop vir diegene wat Hy soek
om te red. Hy het die rykdom van die heelal versamel, en die bronne
van Sy oneindige krag oopgestel, en alles in die hande van Christus
gestel en aan Hom gesê, “Dit is alles vir die mens. Bestee hierdie
gawes om hom te oortuig dat daar geen groter liefde op die aarde of
in die hemel is as Myne nie. Hy sal sy hoogste geluk vind deur My
lief te hê.”
By die kruis van Golgota het liefde en selfsug lynreg teenoor
mekaar gestaan. Hier sien ons die kroonstuk van die bewys. Christus
het gelewe alleen om te vertroos en te seën, en deur Hom om die lewe