Page 39 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Wyding
35
So is dit vandag nog. Die dinge waarop die hele aandag van
die hemel toegespits is, word nie gesien nie; die gebeurtenisse gaan
verby sonder dat die geestelike leiers en die aanbidders in Gods
huis hulle merk. Die mense erken die geskiedkundige Christus,
terwyl hulle hulle rug keer op die lewende Christus. Christus wat
ons roep in Sy Woord tot selfopoffering vir die armes en ellendiges
wat pleit om verligting, en vir die regverdige saak wat armoede en
werk en smaad meebring, word vandag net so min ontvang as wat
Hy negentienhonderd jaar gelede was.
Maria het die ingrypende en verreikende profesie van Simeon
oor- peins. Toe sy na die kindjie in haar arms kyk, en haar die woorde
herinner wat gespreek is deur die skaapwagters van Betlehem, was sy
vervul met dankbare blydskap en heerlike hoop. Simeon se woorde
het die profetiese voorspellings van Jesaja in haar gedagte gebring:
Daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ’n loot uit sy
wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die Here rus,
die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die
Gees van kennis en van die vrees van die Here. ... En geregtigheid
sal die gordel van Sy lende en trou die gordel van Sy heupe wees.”
Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat
woon in die land van doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn.
. . .
Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en
die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar,
[48]
Raadsman, Sterke God, ewige Vader, Vredevors.” Jes. 11: 1-5; 9:
1-5.
En tog het Maria nie die sending van Christus begryp nie. Simeon
het van Hom geprofeteer as ’n lig wat die nasies sou verlig, en dat
Hy die heerlikheid van Israel sou wees. So ook het die engele die
geboorte van die Heiland aangekondig as ’n goeie tyding van groot
blyd- skap vir alle volke. God wou die enge Joodse begrip aangaande
die werk van die Messias wegruim. Hy wou hê dat die mense Hom
moes sien, nie slegs as die Verlosser van Israel nie, maar as die
Verlosser van die wêreld. Maar baie jare sou verbygaan voor selfs
die moeder van Jesus Sy sending sou begryp.
Maria het uitgesien na die Messias se regering op die troon van
Dawid, maar die doop van die lyding waardeur dit gewin sou word,
het sy nie gesien nie. Deur Simeon is dit geopenbaar dat die Messias
nie onbestrede deur die wêreld sou gaan nie. In sy woorde aan Maria,