34
DIE KONING VAN DIE EEUE
niks ongewoons gevoel of gesien het nie, is Gods daad deur Sy Seun
aan die wêreld te gee, erken. Hierdie voorval het nie verbygegaan
sonder dat iemand Christus herken het nie. “En daar was ’n man in
Jerusalem met die naam van Simeon; en hierdie man was regverdig
en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige
Gees was op hom. En aan hom was dit deur die Heilige Gees geo-
penbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die
Here gesien het nie.”
Toe Simeon die tempel binnekom, het hy ’n familie gesien wat
hulle eersgebore seun aan die priester gebring het. Hulle voorkomste
verraai armoede, maar Simeon het die waarskuwings van die Gees
verstaan en hy het diep onder die indruk gekom dat die Kindjie
wat op daardie oomblik aan die Here gewy word, die Vertroosting
van Israel was, die Een wat hy so verlang het om te sien. Vir die
verbaasde priester was Simeon soos iemand in verrukking. Nadat
die Kindjie aan Maria teruggegee is, het hy Hom in sy arms geneem
en aan God gewy terwyl sy siel met ’n vreugde vervul is wat hy nog
nooit tevore geken het nie. Toe hy die Kindjie voor die hemel ophef,
het hy gesê: “Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens
U woord, omdat my oë U verlossing gesien het wat U berei het voor
die oë van al die volke —’n lig tot verligting van die nasies en tot
heerlikheid van U volk Israel.”
[47]
Die gees van profesie was oor hierdie man van God vaardig, en
onderwyl Josef en Maria daar staan, verwonderd oor Sy woorde, het
hy hulle geseën en aan Maria gesê: “Kyk, hierdie kind is bestemd vir
’
n val en opstanding van baie in Israel en vir ’n teken wat weerspreek
sal word — ja, ’n swaard sal deur jou eie siel gaan, sodat die gedagtes
uit baie harte openbaar kan word.”
Ook Anna, ’n profetes, het binnegekom en Simeon se getuienis
aangaande Christus bevestig. Terwyl Simeon gepraat het, is haar
aangesig verlig met die heerlikheid van God, en sy het haar hartlike
dank betuig dat sy toegelaat is om Christus die Here te sien.
Hierdie nederige aanbidders het nie die profesieë tevergeefs
ondersoek nie. Maar diegene wat owerstes en priesters in Israel was,
alhoewel hulle ook die kosbare profesieë gehad het, het nie in die
weg van die Here gewandel nie, en hulle is dus nie toegelaat om die
Lig van die lewe te aanskou nie.