Die Wyding
33
was niks in hulle voorkomste om die aandag te trek nie, en hulle het
die offer van die arm klasse gebring.
Die priester het die seremonie van sy offisiële werk afgehandel.
Hy het die kind in sy arms geneem, en hom voor die altaar gehou.
Nadat hy hom aan sy ouers teruggegee het, het hy die naam “Jesus”
in die register van die eersgeborenes geskryf. Min het hy gedink,
toe die baba in sy arms gelê het, dat hy die Majesteit van die hemel
was, die Koning van heerlikheid. Die priester was onbewus daarvan
dat hierdie baba die een was van wie Moses geskryf het, “Die Here
julle God sal vir julle ’n profeet verwek uit julle broers net soos ek
is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle spreek.”
Hand. 3: 22. Hy het nie gedink dat hierdie baba die Een was wie se
heerlikheid Moses gevra het om te sien nie. Maar iemand baie groter
as Moses het in sy arms gelê; en toe hy die kind se naam opgeskryf
het, het hy die naam opgeskryf van die Een wat die fondament van
die Joodse ekonomie was. Daardie naam sou die doodsbrief van
daardie ekonomie wees, want die stelsel van brand- en spysoffers het
verouder, die beeld het byna die teenbeeld ontmoet, die skaduwee
die voorwerp.
Die heerlikheid het gewyk uit die heiligdom, maar in die Kind-
jie van Betlehem het die heerlikheid geskuil waarvoor die engele
neerbuig. Die stomme Kindjie was die beloofde saad waarna die
eerste altaar by die poorte van Eden verwys het. Dit was Silo, die
Vredevors. Dit was Hy wat Homself aan Moses voorgestel het as
[46]
die EK IS. Dit was Hy wat Israel gelei het in die wolkkolom en in
die vuurkolom. Dit was Hy wie se koms die sieners so lank voorspel
het. Hy was die begeerte van alle nasies, die Spruit uit die stam van
Dawid, die Skit- terende Morester. Die naam van daardie hulpelose
baba, geskryf in die register van Israel, wat Hom daardeur ons broe-
der gemaak het, was die hoop van die gevalle mensdom. Die kindjie
vir wie die losgeld betaal is, was die Een wat die losprys vir die
sondes van die hele wêreld sou betaal. Hy was die ware “priester oor
die huis van God,” die hoof van “’n priesterskap wat nie op ander
oorgaan nie,” die Voorspraak “aan die regterhand van die Majesteit
in die hoogte.” (Heb. 10: 21; 7: 24; 1: 3.)
Geestelike dinge word geestelik beoordeel. In die tempel is die
Seun van God gewy aan die werk wat Hy gekom het om te doen. Die
priester het Hom gesien soos enige ander kind, maar alhoewel hy