Page 36 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

32
DIE KONING VAN DIE EEUE
Moses het hierdie boodskap afgelewer, maar die trotse koning
het geantwoord, “Wie is die Here na wie se stem ek moet luister om
Israel te laat trek? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel ook nie laat
trek nie.” Exod. 5: 2. Die Here het vir Sy volk deur wonders en tekens
gewerk, en het vreeslike oordele op Farao laat kom. Eindelik het
die engel van die verderf opdrag gekry om die eersgebore van mens
en dier onder die Egiptenaars dood te maak. Sodat die Israeliete
gespaar mag bly, is hulle beveel om die bloed van ’n geslagte lam
aan hulle deurposte te sprinkel. Elke huis moes so gemerk word,
sodat die engel in sy werk van die dood, die huise van die Israeliete
mag oorslaan.
Ná Sy oordeel oor Egipte, het die Here aan Moses gesê, “Heilig
vir My al die eersgeborenes . . . van mense en van diere, dit is myne:”
Want . . . op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref
het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense
sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die Here.” Exod. 13:
2;
Num. 3: 13. Ná die instelling van die tabernakeldiens, het die
Here die stam van Levi gekies in die piek van die eersgeborenes van
die hele Israel om in die heiligdom te dien. Maar die eersgeborenes
moes nog beskou word as die Here s’n, en hulle moes deur ’n losprys
gelos word.
Op hierdie wyse is die wet van die wyding van die eersgeborenes
veral belangrik gemaak. Hoewel dit ’n gedenkteken was van die
wonderbaarlike verlossing van Israel deur die Here, was dit ’n beeid
van ’n nog groter verlossing, wat bewerkstellig sou word deur die
[45]
enig- gebore Seun van God. Soos die bloed aan die deurposte die
eersgeborenes van Israel gered het, so het die bloed van Christus
krag om die wêreld te red.
Watter groot betekenis het die wyding van Christus dus nie gehad
nie! Maar die priester het nie deur die voorhangsel gesien nie; hy
kon nie die verborgenheid daar anderkant lees nie. Die wyding van
babas was ’n gewone toneel. Dag na dag het die priester die losgeld
ontvang waar kindertjies aan die Here gewy is. Dag na dag het hy
die roetine van sy werk gevolg, en het maar min aandag aan die
ouers en die kinders geskenk, tensy in die gevalle waar hy rykdom
en stand by die ouers bespeur het. Josef en Maria was arm; en toe
hulle met hulle kind gekom het, het die priesters slegs ’n man en ’n
vrou gesien, gekleed soos Galileërs, in die eenvoudigste drag. Daar