Page 35 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Wyding
SOWAT veertig dae ná die geboorte van Christus, het Josef en
Maria Hom na Jerusalem geneem, om Hom aan die Here te wy,
en om te offer. Dit het geskied volgens die Joodse wet, en as die
plaasvervanger van die mens moes Christus voldoen aan die wet in
alle opsigte. Hy het alreeds die rite van die besnydenis ondergaan as
pand van Sy gehoorsaamheid aan die wet.
As offerande vir die moeder het die wet ’n jaaroud lam vereis
as brandoffer, en ´n jong duif of tortelduif as sondoffer. Maar die
wet het gelui dat waar die ouers te arm was om ’n lam te bring, ’n
paar tortelduiwe, of ’n paar duiwe — een as brandoffer en een as
sondoffer — aanneemlik sou wees.
Die offers aan die Here moes sonder gebrek wees. Hierdie offers
het Christus voorgestel, en hieruit kan ons aflei dat Jesus self sonder
enige liggaamlike gebrek was. Hy was die “Lam sonder gebrek en
vlekkeloos.” 1 Pet. 1: 19. Liggaamlik was Hy deur geen gebrek mis-
vorm nie; Sy liggaam was sterk en gesond. Deur Sy hele lewe het Hy
streng ooreenkomstig die wette van die natuur gelewe. Liggaamlik
sowel as geestelik was Hy ’n voorbeeld van wat God bedoel het vir
die hele mensdom deur gehoorsaamheid aan Sy wette.
[44]
Die wyding van die eersgeborene het sy ontstaan in die vroegste
tye gehad. God het belowe om die Eersgeborene van die hemel te
gee om sondaars te verlos Hierdie gawe moes erken word in elke
huisgesin deur die wyding van die eersgebore seun. Hy moes vir die
priesterskap opgelei word, as verteenwoordiger van Christus onder
die mense.
In die verlossing van Israel uit Egipteland, is die wyding van die
eersgeborene weer beveel. Terwyl die kinders van Israel in slawerny
verkeer het onder die Egiptenaars, het die Here Moses beveel om na
Farao, die koning van Egipte, te gaan en te sê: “So spreek die Here:
My eersgebore seun is Israel. Daarom beveel Ek jou: Laat My seun
trek, dat hy My kan dien. Maar jy weier om hom te laat trek. Kyk,
Ek sal jou eersgebore seun doodmaak.” Exod. 4: 22, 23.
31