Page 34 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

30
DIE KONING VAN DIE EEUE
erfenis het Hy gekom om te deel in ons ellendes en versoekings, en
om ons die voorbeeld te stel van ’n sondelose lewe.
Die Satan in die hemel het Christus gehaat vir Sy posisie in die
howe van God. En toe hy onttroon is, het hy Hom nog meer gehaat.
Hy het Hom gehaat wat Hom verbind het om ’n geslag van sondaars
te red. En nogtans, na hierdie wêreld waar die Satan aanspraak ge-
maak het op opperheerskappy, het God Sy Seun toegelaat om te
kom, ’n hulpelose baba, onderworpe aan al die swakhede van die
mensheid. Hy het Hom toegelaat om die gevaar van die lewe te
aanvaar net soos enige ander menslike siel, en om die stryd te stry
net soos elke mensekind dit moet stry, met die risiko van neerlaag
en ewige verlies.
[41]
Die hart van ’n aardse vader gaan in liefde uit tot sy seun. Hy
kyk in die aangesig van sy kind, en dan sidder hy as hy dink aan
die gevare van die lewe. Hy wil graag sy geliefde beskerm teen die
mag van die Satan, en hom terughou van versoeking en stryd. Om
n baie groter stryd te stry, en baie groter gevaar te loop, het God Sy
eniggebore Seun gegee, sodat die weg van die lewe verseker kon
word vir ons kinders. “Hier is liefde.” Wees verwonderd daaroor, o
hemele! staan verbaas daaroor, o aarde!
[42]
[43]