Vir Julie ’n Verlosser
29
Toe die engele vertrek het, het die lig verdof en het die duisternis
van die nag weer oor die berge van Betlehem toegesak. Maar in die
geheues van die skaapwagters het die herinnering van die heerlikste
prentjie wat menslike oë nog ooit gesien het, gebly. “En toe die
engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die skaapwagters
vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat
gebeur het, wat die Here aan ons bekendgemaak het. En hulle het
met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die
krip lê.”
Hulle het met groot blydskap weggegaan en die dinge bekend-
gemaak wat hulle gesien en gehoor het. “En almal wat dit gehoor
het, was verwonderd oor wat deur die skaapwagters aan hulle vertel
is; maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
En die skaapwagters het teruggegaan en God verheerlik en geprys”.
Die hemel en die aarde is niks verder van mekaar vandag ver-
wyderd as toe die skaapwagters na die engele se lied geluister het nie.
Die mensdom is vandag nog net soseer die voorwerp van die hemel
se liefde as toe gewone mense wat ’n gewone beroep gevolg het, die
engele in die middag ontmoet, en met die hemelse boodskappers
gepraat het in die wingerde en die lande. Vir ons in die gewone
beroepe van die lewe, mag die hemel baie naby wees. Engele uit
die howe daarbo sal die voetstappe bewaar van diegene wat kom en
gaan op Gods bevel.
[40]
Die storie van Betlehem is ’n onuitputlike tema. Daarin is op-
gesluit die “diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!”
Rom. 11: 33. Ons staan verbaas oor die Heiland se opoffering toe Hy
die troon van die hemel verruil het vir die krip, en die geselskap van
aanbiddende engele vir die diere van die stal. Menslike hoogmoed
en selfvoldaanheid staan bestraf in Sy teenwoordigheid. En dit was
maar die begin van Sy wonderbare toegeeflikheid. Dit sou ’n byna
grenslose vernedering vir die Seun van God gewees het om die
menslike natuur aan te neem, selfs as Adam nog in sy onskuld in
Eden gestaan het. Maar Jesus het die menslike vlees aangeneem
toe die menslike geslag deur vierduisend jaar van sonde verswak is.
Net soos enige ander kind van Adam het Hy die uitwerking van die
groot Wet van oorerflikheid aanvaar. Wat hierdie resultate was, word
aangetoon in die geskiedenis van Sy aardse voorouers. Met so ’n