Page 32 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

28
DIE KONING VAN DIE EEUE
ook ’n aandeel gehad het om die geboorte van Jesus te verkondig.
Maar nou word hulle verbygegaan.
God verklaar, “Ek sal water giet op die dorsland en strome op die
droë grond.” “Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis.”
Jes. 44: 3; Ps. 112: 4. Vir diegene wat na die lig soek en wat dit met
blydskap aanneem, sal die helder strale van die troon van God skyn.
In die velde waar die seun Dawid sy kudde gelei het, het skaap-
wagters nog in die nag waggehou. Deur die stil ure het hulle gepraat
van die beloofde Heiland, en gebid vir die koms van die Koning na
die troon van Dawid. “En meteens staan daar ’n engel van die Here
by hulle en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en
groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie
vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap
wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van
Dawid gebore is die Verlosser wat Christus, die Here is.”
By hierdie woorde het ’n visie van heerlikheid die harte van
die skaapwagters vervul. Die Verlosser het na Israel gekom! Krag,
verheffing, en oorwinning gaan gepaard met Sy koms. Maar die
engel moet hulle voorberei om die Heiland te herken in Sy armoede
en vernedering. “Dit is vir julle die teken:” het hy gesê, “Julle sal ’n
kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat lê in die krip.”
Die hemelse boodskapper het hulle vrees verban. Hy het hulle
gesê hoe om Jesus te vind. Met inagneming van hulle menslike
swakheid het hy hulle tyd gegee om gewoond te word aan die
[38]
[39]
goddelike glans. Maar toe kon die vreugde en heerlikheid nie langer
beteuel word nie. Die aarde was stil, en die hemel het sy oor geneig
om na die lied te luister —
Eer aan God in die hoogste hemele
en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae”.
Ag dat die mensdom vandag maar daardie lied kon hoor! Die
verklaring toe gedoen, die lied wat toe aangehef is, sal weergalm
tot die einde van tyd, en tot die eindes van die aarde. Wanneer die
Son van Geregtigheid sal opgaan met genesing onder Sy vleuels,
sal daardie lied weer aangehef word deur ’n groot skare, soos die
stem van baie waters, wat sê: “Halleluja! want die Here God, die
Almagtige, het die koningskap aanvaar.” Openb. 19: 6.