418
DIE KONING VAN DIE EEUE
Maar in die vroeë more is Hy terug na die tempel, en toe die mense
om Hom vergader het, het Hy gaan sit en hulle geleer.
Hy is gou versteur, ’n Groep Fariseërs en skrifgeleerdes het Hom
genader met ’n vreesbevange vrou wat hulle saamgesleep het; hard-
vogtig het hulle haar beskuldig van die oortreding van die sewende
gebod. Nadat hulle haar in die teenwoordigheid van Jesus gestoot
het, het hulle aan Hom gesê, met ’n huigelagtige vertoon van respek,
“
Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig;
maar U, wat sê U?”
In hulle geveinsde eerbied het daar ’n listige plan geskuil om
Sy ondergang te bewerkstellig. Hulle het van hierdie geleentheid
gebruik gemaak om Sy veroordeling te verkry, en gemeen dat watter
uitspraak Hy ook gee, hulle dit sou gebruik as beskuldiging teen
Hom. As Hy die vrou sou vryspreek, sou hulle Hom beskuldig dat
Hy die wet van Moses verag; as Hy sê dat sy moet sterf, sou hulle
Hom by die Romeine gaan verkla dat Hy vir Homself gesag toeëien
wat aan hulle behoort.
Jesus het die toneel vir ’n oomblik aanskou — die bewende slag-
offer in haar skande, die harde waardigheidsbekleërs, sonder enige
menslike ontferming. Sy gees van absolute reinheid het teruggedeins
vir die skouspel. Goed het Hy geweet waarom hierdie geval na Hom
toe gebring is. Hy het die hart gelees en die karakter en lewens-
geskiedenis van elkeen daar in Sy teenwoordigheid geken. Hierdie
sogenaamde yweraars vir die geregtigheid het self hierdie slagoffer.
[470]
tot die sonde verlei, sodat hulle ’n strik vir Jesus kon stel. Hy het
geen teken gegee dat Hy hulle vraag gehoor het nie, maar neergebuk
en met Sy oë op die grond gerig, het Hy in die stof begin skryf.
Ongeduldig oor Sy versuim en skynbare onverskilligheid, het
die beskuldigers nadergekom en die saak onder Sy aandag gedwing.
Maar toe hulle afkyk na die plaveisel aan Sy voete, het die uitdruk-
king op hulle gelaat verander. Daar, geskryf voor hulle, was die
skuldige geheime van hulle eie lewens. Die toeskouers het die skie-
like gelaats- verandering gesien, en vorentoe gebeur om te sien wat
dit was wat hulle met sulke ontsteltenis en skaamte betrag het.
Met al hulle kastige eerbied vir die wet, het hierdie rabbi s, in die
beskuldiging wat hulle teen die vrou ingebring het, die voorskrifte
van die wet veronagsaam. Dit was die man se plig om teen haar
op te tree, en die skuldige persone moes saam gestraf word. Die