Page 421 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tussen Strikke
417
woedend dat ook die geregsdienaars beïnvloed is deur die gehate
Galileër, het hulle uitgeroep: “Julle is tog nie ook mislei nie? Het
iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs ? Maar
hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!”
Diegene aan wie die waarheid verkondig word, vra selde, “Is dit
waar?” maar eerder, “Deur wie word dit voorgestaan?” Menigtes
skat dit volgens die getalle wat dit aanneem; en die vraag word nog
gestel: “Het enige van die geleerde mense of geestelike leiers dit aan-
geneem?” Die mense is vandag nog net so min goedgesind teenoor
ware godsaligheid as hulle was in die tyd van Christus. Hulle soek
nog net so druk na aardsgewin, en verwaarloos die ewige rykdom; en
dit is nie ’n argument teen die waarheid dat groot getalle nie gereed
is om dit aan te neem nie, of dat dit nie deur die wêreld se grotes, of
selfs die geestelike leiers aangeneem word nie.
Weer het die priesters en owerstes planne gemaak om Jesus te
arresteer. Daar is aangevoer dat as Hy langer op vrye voet gelaat
word, Hy die mense sal weglok van die gevestigde leiers; die enigste
veilige weg sou wees om Hom dadelik stil te maak. Toe die be-
spreking op sy hoogste was, het hulle ’n skielike terugslag gekry.
Nikodemus het gevra: “Oordeel ons wet die mens sonder om Hom
eers te hoor en te weet wat hy doen?” Daar het stilte geheers in die
vergadering. Die woorde van Nikodemus het hulle gewete begin
kwel. Hulle kon ’n man nie sonder verhoor veroordeel nie. Maar
dit was nie om hierdie rede alleen dat die trotse owerstes stilgebly
en die een aangestaar wat dit gewaag het om vir die handhawing
van die wet te spreek nie. Hulle was verontwaardig en verontrus dat
[469]
iemand van hulle eie kring so onder die indruk van die karakter van
Jesus gekom het as om Hom te verdedig. Nadat hulle tot verhaal
gekom het, het hulle Nikodemus snydend aangespreek, “Jy is tog
nie ook uit Galilea nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit
Galilea opgestaan het nie.”
Hierdie protes het tog die optrede van die raad uitgestel. Die
owerstes kon nie met hulle plan voortgaan en Jesus veroordeel sonder
n verhoor nie. Vir ’n tyd verslaan, het elkeen “huis toe gegaan. Maar
Jesus het na die Olyfberg gegaan.”
Weg van die verwarring en opwinding in die stad, en van die
gretige skare, en die verraderlike rabbi’s, het Jesus Hom begeef na
die stilte van die olyfboorde waar Hy alleen met God kon wees.