Page 420 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

416
DIE KONING VAN DIE EEUE
volgens gevoelens nie; hy moet skriftuur sorgvuldig met skriftuur
vergelyk. As die Jode maar hulle vooroordeel wou prysgee en die
geskrewe profesieë wou vergelyk met die feite wat Jesus se lewe
gekenmerk het, sou hulle gesien het hoe die profesieë ooreenstem
met die lewe en werk van die nederige Galileër.
Baie word vandag bedrieg net soos die Jode. Geestelike leiers
lees die Bybel in die lig van hulle eie verstand en tradisies; en die
mense ondersoek nie die Skrifte vir hulleself nie, en hulle oordeel
nie self wat waarheid is nie, maar hulle laat hulle oordeel en hulle
siele aan hulle leiers oor. Die leer en verkondiging van Sy Woord is
een van die middels wat God daargestel het vir die verspreiding van
lig; maar elke man se leer moet aan die Skrifte getoets word. Wie
ook al die Bybel biddend studeer en graag die waarheid wil weet
om dit te gehoorsaam, sal goddelike lig ontvang. Hy sal die Skrifte
verstaan. “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy omtrent
die leer weet of dit uit God is.” Joh. 7: 17.
Op die laaste dag van die fees het die dienaars wat deur die pries-
ters gestuur is om Jesus te arresteer, sonder Hom teruggekom. Die
Fariseërs het woedend gevra: “Waarom het julle Hom nie gebring
nie?” Met ’n ernstige gelaat het hulle geantwoord, “Nooit het ’n
mens so gespreek soos hierdie man nie.”
Hard soos hulle harte was, is hulle getref deur Sy woorde. Ter-
wyl Hy in die voorhof van die tempel gespreek het, het hulle naby
gestaan om moontlik iets te hoor wat hulle teen Hom kon gebruik.
Maar onderwyl hulle geluister het, het hulle die doel waarvoor hulle
gestuur was, skoon vergeet. Hulle het betowerd gestaan. Christus
[468]
het Hom- self aan hulle siele geopenbaar. Hulle het gesien wat die
priesters en owerstes nie wou sien nie, naamlik die mensheid, be-
straal deur die heerlikheid van die godheid. Hulle het teruggekom,
so onder die invloed van daardie gedagte, so onder die indruk van Sy
woorde, dat hulle op die vraag: Waarom het julle Hom nie gebring
nie? geantwoord het: Nooit het ’n mens so gespreek soos hierdie
Man nie.
Die priesters en owerstes, toe hulle die eerste maal in die teen-
woor- digheid van Christus gekom het, het dieselfde oortuiging
gevoel. Hulle harte is diep getref, en die gedagte het ook by hulle
opgekom, “Nooit het ’n mens gespreek soos hierdie Man nie.” Maar
hulle het hierdie oortuiging van die Heilige Gees gesmoor. Nou,