Page 419 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tussen Strikke
415
van medelyde onder die skare gesien. Hulle is inderhaas weg na
die owerpriesters om planne te maak vir Sy gevangeneming. Hulle
het egter besluit om Hom te neem wanneer Hy alleen is, want hulle
kon dit nie waag om Hom in die teenwoordigheid van die mense te
arresteer nie. Weer het Jesus geopenbaar dat Hy hulle planne geken
het. “Nog ’n klein tydjie is Ek by julle,” het Hy gesê, “en Ek gaan
na Hom wat My gestuur het. Julle sal My soek en nie kry nie; en
waar Ek is, kan julle nie kom nie.” Eerlank sou Hy ’n skuilplek vind
waar hulle hoon en haat Hom nie sal kan raak nie. Hy sou na Sy
Vader opvaar, waar Hy weer die Geliefde van die engele sal wees;
en daarheen sou Sy moordenaars nooit kan gaan nie.
Smalend het die rabbi’s gevra, “Waar wil Hy heengaan, dat ons
Hom nie sal kry nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die
Grieke gaan en die Grieke leer nie?” Min het daardie vitters gedroom
dat hulle in hulle spottery juis die sending van Christus geskilder het!
Die hele dag lank het Hy Sy hande uitgestrek na ’n ongehoorsame,
teësprekende volk; maar Hy sou gevind word deur diegene wat Hom
nie gesoek het nie; en Hy sou verskyn aan die wat nie na Hom gevra
het nie. (Rom. 10: 20, 21.)
Baie wat oortuig was dat Jesus die Seun van God was, is verlei
deur die valse redenasies van die priesters en rabbi’s. Hierdie leraars
het met krag die profesieë aangaande die Messias beklemtoon dat
Hy “sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem,” en dat Hy “sal
heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die
aarde.” Jes. 24: 23; Ps. 72: 8. Toe het hulle smadelike vergelykings
gemaak tussen die heerlikheid daar beskryf en die nederige voor-
koms van Jesus. Hulle het die woorde van die profesieë verdraai om
[467]
hulle dwaalleer te steun. As die mense in opregtheid die Skrifte vir
hulleself ondersoek het, sou hulle nie mislei gewees het nie. Die een-
en-sestigste hoofstuk van Jesaja getuig dat Christus juis die werk sou
doen wat Hy wel gedoen het. Die drie-en-vyftigste hoofstuk beskryf
Sy verwerping en lyde in hierdie wêreld, en hoofstuk nege-en-vyftig
beskryf die karakter van die priesters en rabbi’s.
God dwing mense nie om hulle ongeloof te versaak nie. Voor
hulle is lig en duisternis, waarheid en dwaalleer; dit is vir hulle om
te kies watter hulle wil aanneem. Die menslike verstand is geseën
met die vermoë om te onderskei tussen goed en kwaad. God wil hê
dat die mens volgens die gewig van die getuienis moet besluit, en nie