414
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die owerstes is die swye opgelê; en baie van die mense het
uitgeroep, “Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die
owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?”
Baie van Christus se toehoorders wat in Jerusalem gewoon het,
en wat geweet het van die planne van die owerstes teen Hom, het
hulle deur ’n onweerstaanbare krag tot Hom aangetrokke gevoel.
Die oor- tuiging het steeds sterker by hulle geword dat Hy die Seun
van God was. Maar die Satan was klaar om twyfel aan te blaas; en
die weg daarvoor is geopen deur hulle eie verkeerde idees aangaande
die Messias en Sy koms. Daar is algemeen geglo dat Christus in
Betlehem sou gebore word, maar dat Hy na ’n tyd sou verdwyn, en
daarna weer sou kom, en niemand sou weet waarvandaan nie. Daar
was baie wat geglo het dat die Messias geen natuurlike verwantskap
met die mens sou hê nie. En omdat Jesus van Nasaret nie voldoen
het aan die algemene opvatting van die heerlikheid van die Messias
nie, het vele hulle laat verlei deur die gedagte, “Hierdie man — ons
weet waarvandaan Hy is. Maar die Christus, wanneer Hy kom, weet
niemand waar Hy vandaan is nie.”
Terwyl hulle so gewankel het tussen twyfel en geloof, het Jesus,
wat hulle gedagtes gelees het, gesê: “Julie ken My en julle weet ook
waar Ek vandaan is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy
wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.” Hulle het
aanspraak daarop gemaak dat hulle geweet het vanwaar Christus sou
kom, maar hulle het glad nie geweet nie. As hulle ooreenkomstig
die wil van God geleef het, sou hulle Sy Seun geken het toe Hy aan
hulle geopenbaar is.
[466]
Sy toehoorders kon nie anders as om Sy woorde te verstaan nie.
Dit was ’n herhaling van wat Hy maande gelede voor die Sanhedrin
gesê het, toe Hy verklaar het dat Hy die Seun van God is. Soos die
owerstes toe geprobeer het om Sy lewe te neem, so het hulle nou
ook probeer om die hande aan Hom te slaan, maar hulle is deur ’n
onsigbare mag belet, wat hulle woede aan perke gestel en aan hulle
gesê het: Tot sover sal julle gaan, maar nie verder nie.
Onder die mense was daar baie wat in Hom geglo het, en hulle
het gevra: “Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as
wat hierdie man gedoen het?” Die leiers van die Fariseërs wat met be-
sorgdheid die beloop van sake gadegeslaan het, het die uitdrukking