Page 417 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tussen Strikke
413
gestel nie. Hulle het nie gesoek om die waarheid te ken nie, maar
na ’n verskoning om dit te vermy; Christus het daarop gewys dat dit
die rede was waarom hulle nie Sy leer verstaan het nie.
Nou het Hy ’n toets gegee waardeur die ware leraar onderskei
kon word van die bedrieër: “Hy wat uit homself spreek, soek sy eie
eer; maar Hy wat die eer soek van Hom wat Hom gestuur het, Hy
is waar- agtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.” Joh. 7:
18.
Die een wat sy eie eer soek, spreek net uit homself. Die gees
van self- verheerliking verraai sy bron. Maar Christus het die eer
van God gesoek. Hy het die woorde van God gespreek. Dit was die
bewys van Sy gesag as leraar van die waarheid.
Jesus het aan die rabbi’s bewys gegee van Sy godheid deur te
toon dat Hy hulle harte kon lees. Sedert daardie genesing by Betesda
was hulle besig met planne vir Sy dood. So het hulle self die wet
oortree wat hulle kastig verdedig het. “Het Moses nie vir julle die
wet gegee nie?” het Hy gevra, “en niemand van julle hou die wet
nie. Waarom wil julle My doodmaak?”
Soos ’n flits het hierdie woorde aan die rabbi’s die put van
verwoesting geopenbaar waarin hulle op die punt gestaan het om in
te val. Vir ’n oomblik was hulle vreesbevange. Hulle het besef dat
hulle in stryd was met die Almagtige. Maar hulle wou nie gewaarsku
wees nie. Ten einde hulle invloed by die volk te handhaaf, moes
hulle hulle moorddadige planne bedek. Hulle het die vraag van
Jesus ontduik en uitgeroep, “U is van die duiwel besete; wie wil U
doodmaak?” Hulle het geïnsinueer dat die wonderwerke van Jesus
deur ’n bose gees ingegee is.
[465]
Christus het Hom nie aan hierdie insinuasie gesteur nie. Hy het
aangetoon dat Sy werk van genesing by Betesda nie ’n oortreding
van die Sabbatsgebod was nie, en dat dit volgens hulle eie uitleg
van die wet, geoorloof was. Hy het gesê: “Daarom het Moses julle
die be- snydenis gegee . . . en op die Sabbat besny julle ’n mens.”
Volgens daardie wet moes elke manlike kind op die agtste dag besny
word. As daardie dag op ’n Sabbat geval het, is die besnydenis tog
gedoen. Hoeveel te meer is dit nie in harmonie met die gees van die
wet, het Jesus gevra, om ’n “mens op die Sabbat heeltemal gesond”
te maak nie? En Hy het hulle gewaarsku, “Moenie oordeel volgens
wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel.”