Page 416 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tussen Strikke
AL die tyd wat Jesus in Jerusalem by die fees was, is Hy deur
spioene agtervolg. Dag na dag is nuwe planne gemaak om Hom die
swye op te lê. Die priesters en owerstes was op die loer om Hom in
n strik te lei. Hulle het planne gemaak om Hom deur geweld stil
te maak. Maar dit was nie al nie. Hulle wou hierdie Galilese Rabbi
voor die mense verneder.
Op Sy eerste dag van die fees het die owerstes na Hom toe gekom
en gevra op wie se gesag Hy geleer het. Hulle wou die aandag van
Hom aftrek, en dit vestig op die vraag van Sy reg om te leer, en
sodoende ook op hulle eie belangrikheid en gesag. “My leer is nie
Myne nie,” het Jesus gesê, “maar van Hom wat My gestuur het. As
iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy omtrent die leer weet
of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.” Joh. 7: 16, 17. Jesus
het hierdie vitters geantwoord, nie deur hulle besware te beantwoord
nie, maar deur waarhede aan te raak wat lewensbelangrik is vir die
saligheid van die siel. Die besef en waardering van waarheid, het Hy
gesê, hang nie soseer van die verstand af as van die hart nie. Waarheid
moet in die siel ontvang word; dit maak aanspraak op die hulde van
die wil. As die waarheid deur die rede alleen getoets kon word, sou
hoogmoed geen struikelblok in die weg van die aanname daarvan
wees nie. Maar dit word aangeneem deur die werk van genade in
die hart; en die aanname daarvan hang af van die versaking van elke
[464]
sonde wat deur die Gees van God geopenbaar word. Die mens se
geleent- hede om ’n kennis van die waarheid te verkry, hoe groot
hulle ook al mag wees, sal hom niks baat tensy sy hart oop is om die
waarheid te ontvang, en daar ’n doelbewuste versaking is van elke
gewoonte en praktyk wat indruis teen die beginsels daarvan. Aan
diegene wat hulle so oorgee aan God, en wat ’n opregte begeerte
het om Sy wil te ken en te doen, word die waarheid geopenbaar as
die krag van God tot hulle saligheid. Hulle sal in staat wees om te
onderskei tussen dié wat vir God spreek en dié wat net uit hulleself
spreek. Die Fariseërs het nie hulle wil aan die kant van Gods wil
412