Page 413 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By die Huttefees
409
die Onsienlike sien, het Hy van die aardse en hemelse, en van die
mens- like en goddelike met bepaalde gesag gepraat. Sy woorde was
baie duidelik en oortuigend; en weer, soos by Kapernaum, was die
mense verslae oor Sy leer, “want Sy woord was met gesag.” Lukas
4: 32.
Hy het verskillende beelde gebruik en die mense gewaarsku
teen die ramp wat sou volg indien hulle die ander sou volg wat die
seëninge verwerp wat Hy gebring het. Hy het hulle alle moontlike
bewys ge- gee dat Hy van God gekom het, en Hy het alle pogings
aangewend om hulle tot bekering te bring. Hy sou nie verwerp en
vermoor word deur Sy eie volk as Hy hulle kon red van die skuld
van so ’n daad nie.
Almal was verbaas oor Sy kennis van die wet en die profesieë,
en hulle het onder mekaar gevra, “Hoe kom Hy aan die geleerdheid
terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?” Niemand is as bevoeg
[461]
beskou om ’n geestelike leraar te wees tensy hy in die rabbynse
skole gestudeer het nie, en beide Jesus en Johannes die Doper is
as ongeleerd beskou omdat hulle nie daardie onderrig ontvang het
nie. Diegene wat hulle gehoor het, was verbaas oor hulle kennis
van die Skrifte, aan- gesien hulle “geen onderwys” ontvang het nie.
Dis waar: van mense is hulle nie geleer nie, maar die God van die
hemel was hulle Leraar, en van Hom het hulle die hoogste wysheid
ontvang.
Terwyl Jesus daar in die voorhof van die tempel gespreek het,
het Hy die mense geboei. En juis daardie manne wat die heftigste
teen Hom gekant was, het gevoel dat hulle magteloos was om Hom
kwaad aan te doen. Vir ’n tyd is alle ander belange vergeet.
Dag na dag het Hy die mense geleer tot op die laaste, “die groot
dag van die fees.” Op die more van daardie dag was die mense moeg
en afgemat van die lang feestelikhede. Skielik het Jesus Sy stem
verhef sodat Hy dwarsdeur die tempelhowe gehoor kon word:
As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat
in My glo, soos die Skrif sê, strome van lewende water sal uit sy
binneste vloei.” Die toestand van die volk het hierdie oproep baie
kragtig gemaak. Hulle was betrokke in onafgebroke feestelikhede,
hulle oë was verblind deur die lig en kleure, en in hulle ore het die
musiek weerklink; maar in al hierdie feestelikhede was daar niks
wat in hulle geestelike behoeftes voorsien het nie, niks om die dors
van die siel te les vir die dinge wat nie vergaan nie. Jesus het hulle