408
DIE KONING VAN DIE EEUE
tot die dood sou lei; maar om Homself vóór die tyd in gevaar te stel
was nie die wil van Sy Vader nie.
Van Jerusalem af het die gerugte van Christus se wonderwerke
versprei tot alle plekke waar daar Jode was; en al was Hy vir baie
maande reeds afwesig van die feeste, het die belangstelling in Hom
nie afgeneem nie. Uit alle dele van die wêeld het baie opgekom vir
die Huttefees in die hoop dat hulle Hom sou sien. Aan die begin van
die fees is daar baie verneem na Hom. Die Fariseërs en owerstes
het gekyk wanneer Hy dan kom, hopende dat hulle kans sou kry om
Hom te veroordeel. Besorgd het hulle gevra, “Waar is Hy;” maar
niemand het geweet nie. Hy was gedurig in hulle gedagtes. Uit
vrees vir die priesters en owerstes het niemand dit gewaag om Hom
te erken as die Messias nie, maar orals is Hy in die stilte ernstig
bespreek. Vele het Hom verdedig as iemand wat van God gestuur is,
[460]
terwyl ander Hom veroordeel het as ’n bedrieër van die volk.
In die tussentyd het Jesus stil in Jerusalem aangekom. Hy het
met ’n pad gekom wat nie veel gebruik is nie om die reisigers te
vermy wat uit alle oorde op weg was na die stad. As Hy by enige
van die karavane sou aansluit wat na die fees gegaan het, sou die
openbare aandag op Hom gevestig gewees het by Sy aankoms in die
stad, en ’n volksdemonstrasie ten gunste van Hom sou die owerheid
teen Hom laat optree het. Dit was om dit te vermy dat Hy verkies
het om alleen te reis.
In die middel van die fees, toe die opgewondenheid oor Hom die
hoogtepunt bereik het, het Hy die voorhof van die tempel binnegestap
in die teenwoordigheid van die skare. Omdat Hy afwesig was van
die fees, is daar gesê dat Hy dit nie kon waag om Homself in die
mag van die priesters en owerstes te stel nie. Almal was verbaas toe
hulle Hom sien. Almal het geswyg, en hulle was verbaas oor die
waardigheid en moedigheid van Sy gedrag te midde van magtige
vyande wat Sy dood verlang het.
Waar Hy daar gestaan het, met die oë van die hele skare op
Hom gevestig, het Jesus hulle toegespreek soos geen mens nog ooit
gedoen het nie. Sy woorde het ’n kennis getoon van die wette en
instellings van Israel, van die offerstelsel, en die leer van die profete,
wat die van die priesters en rabbi’s ver oortref het. Hy het deur die
ver- sperrings van formalisme en tradisie gebreek. Die tonele van
die toekomstige lewe het Hy voor Hom gesien. Soos iemand wat