By die Huttefees
407
gebrek aan optrede? As Hy regtig sulke mag het, waarom gaan
Hy dan nie sonder vrees na Jerusalem en handhaaf Sy aansprake
nie? Waarom doen Hy nie in Jerusalem die wonderwerke wat Hy
volgens berigte in Galilea gedoen het nie? Moenie hier in die afgeleë
provinsies skuil, het hulle gesê, en net jou magtige werke doen vir
ongeleerde boere en vissers nie. Gaan toon Uself in die hoofstad,
win die ondersteuning van die priesters en owerstes, en verenig die
volk deur die stigting van die nuwe koninkryk.
Hierdie broers van Jesus het uit ’n selfsugtige motief geredeneer,
iets wat so dikwels aangetref word in die hart van diegene wat graag
vernaam wil wees. Hierdie gees is die gees wat in die wêreld heers.
Hulle was kwaad omdat Jesus, pleks van na ’n aardse troon te streef,
verklaar het dat Hy die brood van die lewe is. Hulle was diep teleur-
gestel toe so baie van Sy dissipels Hom verlaat het. Hulle self het van
Hom weggegaan om die kruis te vermy wat erkenning van Sy werke
geopenbaar het, naamlik dat Hy die Een is wat van God gestuur is.
“
Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle
tyd is altyd daar. Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat
hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. Gaan julle op na
hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat My tyd
nog nie daar is nie. En toe Hy dit vir hulle gesê het, het Hy in Galilea
gebly.” Sy broers het Hom op ’n gebiedende toon aangespreek en die
weg voorgeskryf wat Hy moes bewandel. Hy het hulle bestraffing
teruggeslinger, en het hulle nie onder Sy selfopofferende dissipels
geklassifiseer nie, maar by die wêreld. “Die wêreld kan julle nie haat
nie,” het Hy gesê, “maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat
sy werke boos is.” Die wêreld haat nie diegene wat van dieselfde
gees is as hy nie, maar het hulle lief soos sy eie.
Die wêreld was vir Christus nie ’n plek van gemak en selfver-
heer- liking nie. Hy het nie op ’n kans gesit en wag om die mag
en heerlikheid daarvan te gryp nie. Dit het nie so ’n prys aan Hom
voor- gehou nie. Dit was die plek waarheen Sy Vader Hom gestuur
het. Hy is gegee as die lewe van die wêreld, om die groot verlossing
te bewerkstellig. Hy was besig om Sy werk te doen vir die gevalle
geslag, maar Hy moes nie vermetel wees,Homself in gevaar begoef
[459]
en die krisis verhaas nie. Elke gebeurtenis in Sy werk het sy aange-
wese uur gehad. Hy moes geduldig wag. Hy het geweet dat Hy die
haat van die wêreld sou moes verduur; Hy het geweet dat Sy werk