406
DIE KONING VAN DIE EEUE
Israel te les. Dan het die lied weergalm, “Die Here Here is my krag
en my psalm. . . . Julle sal water skep met vreugde uit die fonteine
van heil.” Jes. 12: 2, 3.
Toe die seuns van Josef begin klaarmaak het om na die Huttefees
te gaan, het hulle gemerk dat Christus geen aanstaltes gemaak het om
ook te gaan nie. Hulle het Hom bekommerd dopgehou. Sedert die
genesing by Betesda het Hy geeneen van die nasionale byeenkomste
byge- woon nie. Om onnodige stryd met die leiers te Jerusalem te
vermy, het Hy Sy werk tot Galilea beperk. Sy skynbare verwaarlo-
sing van die groot godsdienstige byeenkomste, en die vyandigheid
teenoor Hom van die kant van die priesters en rabbi’s, was iets wat
diegene rondom Hom nie kon begryp nie — selfs Sy eie dissipels
en Sy huisgenote kon dit nie verstaan nie. In Sy leer het Hy klem
gelê op gehoorsaamheid aan die wet van God, en tog het dit geskyn
asof Hy onverskillig gestaan het teenoor die goddelik-verordineerde
dienste. Sy omgang met tollenaars en sondaars, Sy veronagsaming
van die rabbynse instellings, en die vryheid waarmee Hy die tradi-
sionele voorskrifte aangaande die Sabbat ter syde gestel het — dit
alles het die skyn gegee dat Hy vyandig was teenoor die geestelike
owerhede, en dit het baie vrae laat ontstaan. Sy broers het gedink
dat Hy verkeerd gehandel het om vyande te maak van die grotes
en geleerdes van die volk. Hulle het gevoel dat daardie manne reg
moet wees, en dat Jesus verkeerd was deur vyandig te staan teenoor
hulle. Maar hulle het Sy onberispelike lewe gesien, en alhoewel
hulle hulleself nie beskou het as Sy dissipels nie, het Sy werke tog
’
n diep indruk op hulle gemaak. Sy populariteit in Galilea het hulle
trots laat voel; nogtans het hulle gehoop dat Hy bewys sou gee van
Sy mag wat die Fariseërs sou oortuig dat Hy werklik is wat Hy gesê
het. Sê nou hy is werklik die Messias, die Vors van Israel! Hierdie
gedagte het hulle met trotse tevredenheid gekoester.
So besorgd was hulle hieroor dat hulle by Christus aangedring
het om na Jerusalem te gaan. Hulle het gesê: “Vertrek hiervandaan en
gaan na Judea, sodat U dissipels ook U werke kan sien wat U doen.
Want niemand doen iets in die geheim, en soek tegelykertyd om in
iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself
aan die wêreld.” Hierdie “as” was bewys van twyfel en ongeloof.
Hulle het aan Hom lafhartigheid en swakheid toegedig. As Hy weet
[458]
dat Hy die Messias is, waarom dan hierdie terughoudendheid en