Page 409 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By die Huttefees
405
pelhowe, of op die dakke van huise. Die berge en valleie rondom
Jerusalem was bedek met hierdie wonings van takke, en hulle het
gewemel van die mense.
Met gewyde liedere en danksegging het die mense hierdie fees
gevier. Net ’n kort rukkie vóór daardie fees begin het, het die Ver-
soendag gekom, wanneer die volk, ná die belydenis van hulle sondes,
in vrede met die Hemel verklaar is. So is die weg gebaan vir die
vreugde van die fees. “Loof die Here, want Hy is goed, want Sy goe-
dertierenheid is tot in ewigheid” (Ps. 106: 1) —dit het weer- galm
bokant al die ander musiek uit, onder hosannas en samesang. Die
tempel was die sentrum van hierdie volksvreugde. Daar kon die prag
van die seremoniële offerandes gesien word. Opgestel aan beide
kante van die marmertrappe van die gewyde gebou, het die Levitiese
koor die sang gelei. Die skare aanbidders, met hulle palm- en mirte-
takke, het saamgesing — veral die refrein; en dan het stemme in die
verte meegedoen totdat die omliggende berge weergalm het van die
lofliedere.
Snags is die tempel helder verlig met lampe. Die musiek, die
geswaai van die palmtakke, die blye hosannas, die groot skare mense
wat bestraal is met lig van die hanglampe, die rye priesters, die
grootse seremonies, alles tesaam het ’n baie indrukwekkende toneel
geskep. Maar die indrukwekkendste seremonie van die fees, en
een wat groot blydskap uitgelok het, was die herdenking van hulle
verblyf in die woestyn. By die eerste daglumier het die priesters
[456]
lank geblaas op silwertrompette, en dan het ander trompette wat
antwoord, en vreugdekrete uit die hutte, weergalm oor berg en dal,
en so is die feesdag verwelkom. Daarna het die priester ’n kan vol
water gemaak uit Kedron; hy het dit omhoog gehou, en onderwyl
die trompette geblaas het, het hy dit die breë trappe van die tempel,
op maat van die musiek, uitgedra terwyl hy gesingpraat het, “Ons
voete staan in jou poorte, o Jerusalem.” Ps. 122: 2.
Hy het die kan water gedra na die altaar wat in ’n sentrale plek
gestaan het in die hof van die priesters. Daar was twee silwerkomme,
met ’n priester by elkeen. In een is ’n kan water gegooi, en in die
ander ’n kan wyn; die inhoud van albei het dan met ’n pyp gevloei
terug na die Kedron, en so na die Dooie See. Hierdie seremonie met
die gewy- de water was ’n voorstelling van die fontein wat op bevel
[457]
van God uit die rots gevloei het om die dors van die kinders van