Page 408 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

By die Huttefees
VAN die Jode is verwag dat hulle driemaal per jaar in Jerusalem
moes vergader vir godsdienstige doeleindes. Vanuit die wolk- kolom
het Israel se onsigbare Leier voorskrifte gegee in verband met hierdie
byeenkomste. Gedurende die ballingskap van die Jode, kon hulle
hierdie feeste nie hou nie, maar toe die mense weer in hulle eie
land terug was, het hulle begin om die gedenkfeeste te vier. Dit was
Gods doel dat hierdie jaarfeeste Hom in die gedagtes van die mense
moes hou. Maar met ’n paar uitsonderings, het die priesters en die
volksleiers die doel daarvan heeltemal uit die oog verloor. Hy wat
hierdie nasionale byeenkomste verorden en hulle betekenis verstaan
het, het die verdraaiing gesien.
Die Huttefees was die slotfees van die jaar. Dit was Gods doel
dat die volk dan sou dink aan Sy goedheid en genade. Die hele
land was onder Sy sorg, en het Sy seën ontvang. Dag en nag het
Hy Sy wakende oog oor hulle gehou. Die sonskyn en die reën
het die aarde sy vrugte laat voortbring. In die valleie en op die
vlaktes van Palestina was die oes ingesamel. Die olywe is gepluk,
en die uitgeperste olie was in flesse. Die palmbome het hulle vrugte
gelewer. Die pers-rooi druiwetrosse was reeds deur die parskuipe.
[455]
Die fees het vir sewe dae aangehou, en vir die viering daarvan
het die inwoners van Palestina, saam met vele uit ander lande, hulle
wonings verlaat en na Jerusalem gegaan. Van heinde en ver het die
mense gekom, met die simbool van vreugde in hulle hande. Oud
en jonk, ryk en arm, elkeen het die een of ander gawe gebring as
dankoffer aan Hom wat die jaar gekroon het met Sy goedheid, en Sy
voetspore laat drup van vettigheid. Alles wat die oog kon streel en
hulle blydskap kon uitdruk, is gebring uit die bosse; en die stad het
gelyk soos ’n pragtige woud.
Hierdie fees was nie alleen die oes-dankfees nie, maar ook die
gedenkfees van Gods beskermende hand oor Israel in die woestyn.
Ter herdenking aan hulle tentlewe, het die Israeliete in tente of hutte
van groen takke gewoon. Hulle is in die strate opgerig, in die tem-
404