Page 407 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wie is die Grootste?
403
Maar ons moet die verkeerde daad onder die oë van die oortreder
self bring. Ons moet dit nie onder mekaar bespreek of kritiseer nie;
en selfs nadat dit voor die gemeente gebring is, staan dit ons nie
vry om dit aan ander te gaan vertel nie. ’n Kennis van die foute van
Christene sal net ’n struikelblok wees vir die ongelowige wêreld;
en deur gedurig van daardie dinge te praat, sal ons onsself skade
[453]
aandoen, want dit is deur aanskouing dat ons verander word. Terwyl
ons trag om ’n broeder sy foute te laat insien, sal die Gees van
Christus ons lei om hom sover moontlik te beskerm teen kritiek van
selfs sy broeders, en hoeveel te meer nie teen die veroordeling van
n ongelowige wêreld nie. Ons self is vol foute, en het Christus se
ontferming en vergifnis nodig; en soos ons wil hê dat Hy met ons
moet handel, so beveel Hy ons om mekaar te behandel.
Alles wat julle bind op die aarde, sal gebonde wees in die hemel;
en alles wat julle ontbind op die aarde, sal ontbonde wees in die
hemel.” Julie moet optree as gesante van die hemel, en die gevolge
van julle werk is vir die ewigheid.
Maar hierdie groot verantwoordelikheid moet ons nie alleen dra
nie. Waar Sy Woord met ’n opregte hart gehoorsaam word, daar
woon Christus. Nie alleen is Hy teenwoordig in die byeenkomste
van die kerk nie, maar waar Sy dissipels ook in Sy Naam vergader,
hoe klein hulle getal ook mag wees, daar sal Hy ook wees. En Hy sê,
As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle
mag vra, sal dit hulle te beurt val van My Vader wat in die hemele
is.”
Jesus sê, “My Vader wat in die hemele is,” om Sy dissipels
daaraan te herinner dat Hy, terwyl Hy deur Sy mensheid met hulle
verbind is, ’n deelgenoot is in hulle beproewings, en medelyde met
hulle het in hulle lyding, ook deur Sy godheid verbind is met die
troon van die Almagtige. Wonderbare versekering! Die hemelse
wesens staan saam met mense in hulle medelyde en arbeid vir dié
wat verlore is. En al die mag van die hemel werk saam met menslike
pogings om siele tot Christus te trek.
[454]