402
DIE KONING VAN DIE EEUE
moet beweeg word om sy fout te sien, sodat hy kan verbeter. Maar
ons moet nie oordeel en veroordeel nie. Moenie probeer om uself
te regverdig nie. Laat al jou pogings wees om hom reg te help. In
die behandeling van die wonde van die siel moet daar baie saggies
gewerk word. Alleen die liefde wat vloei van die Lydende Een van
Golgota, sal hier help. Met ontfermende tederheid, moet broeder met
[452]
broeder praat, wetende dat as u slaag u “n siel uit die dood sal red
en ’n menigte van sondes sal bedek.” Jakobus 5: 20.
Maar selfs hierdie pogings mag vrugteloos wees. In so ’n geval
het Jesus gesê, “Neem nog een of twee met jou saam.” Dit kan wees
dat hulle gesamentlike invloed die deurslag sal gee. Omdat hulle
nie in die saak betrokke is nie, is die moontlikheid groter dat hulle
on- partydig sal optree, en hierdie feit sal hulle woorde groter gewig
gee by die een wat verkeerd handel.
As hy ook nie na hulle wil luister nie, dan eers, moet die saak
voor die hele gemeente gebring word. Laat die lede van die kerk as
verteenwoordigers van Christus in liefde saam bid dat die oortreder
herstel mag word. Die Heilige Gees sal deur Sy diensknegte spreek,
en met die afgedwaalde pleit om hom tot God te bekeer. Die apostel
Paulus het onder ingewing gesê, “Ons tree dan op as gesante . . .
asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus ontwil: Laat
julle met God versoen.” 2 Kor. 5:20. Die een wat die gesamentlike
poging van die gemeente verwerp, verbreek die bande wat hom met
Christus verbind, en so sny hy homself af van kerklike gemeenskap.
“
Laat hom vir jou wees,” het Jesus gesê, “soos die heiden en die
tollenaar.” Maar hy moet nie beskou word as iemand wat afgesny
is van die genade van God nie. Hy moet nie verag of verwaarloos
word deur sy vorige broeders nie, maar hy moet met tederheid en
ontferming behandel word as een van die verdwaalde skape waarna
Christus soek om in Sy kraal terug te bring.
Christus se leer in verband met die behandeling van diegene wat
oortree, stem ooreen met die voorskrifte van Moses aan Israel: “Jy
mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig
berisp, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.” Lev. 19:
17.
Dit beteken dat as iemand die plig versuim wat Christus opgelê
het, hy ’n deelgenoot word in die sonde, want sondes wat ons kon
belet, maak ons net so skuldig asof ons self die daad gedoen het.