Page 405 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wie is die Grootste?
401
langer smag na die eerste plek nie. Siende op Jesus, sal ons skaam
wees oor ons koudheid, ons. lusteloosheid, en ons selfsug. Ons sal
gewillig wees om enigiets of niks te wees nie, sodat ons hartediens
vir die Meester kan doen. Ons sal die kruis van Jesus met blydskap
dra, en ons sal beproewing, smaad, of vervolging verduur vir Sy
ontwil.
[451]
En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te
dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.” Rom.
15:1.
Geen siel wat in Christus glo, al is sy geloof swak, en wankel
sy voetstappe soos die van ’n kindjie, moet gering geskat word nie.
Deur alles wat ons die voorsprong gee oor ander, of dit opvoeding,
verfyndheid, edelheid van karakter, Christelike onderrig, of gees-
telike ervaring is, word ons skuldenaars gemaak van diegene wat
minder bevoorreg is; en, sover dit in ons mag is, moet ons hulle dien.
As ons sterk is, moet ons die hande sterk van die swakkes. Engele
van heerlikheid, wat altyd die aangesig van die Vader aanskou in die
hemel, skep behae in diens vir Sy kleintjies. Swak siele wat miskien
baie siegte karaktertrekke het, is hulle spesiale verantwoordelikheid.
Die engele is altyd teenwoordig, wanneer hulle die meeste nodig is,
by diegene wat die swaarste stryd teen die eie-ek moet voer, en wie
se omstandighede baie ontmoedigend is. In hierdie diens moet die
ware navolgers van Christus saamwerk.
As een van hierdie kleintjies oorweldig sou word, en u sou ver-
ontreg, dan is dit u werk om hom te herstel. Moenie vir hom wag
om die eerste poging tot versoening te maak nie. “Wat dink julle?”
het Jesus gevra, “As iemand honderd skape het en een van hulle
verdwaal, sal hy nie die nege-en-negentig laat staan en op die berge
die verdwaalde een gaan soek nie? En as hy hom kry, voorwaar Ek
sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig wat
nie verdwaal het nie. So is dit nie die wil van julle Vader wat in die
hemel is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.”
Met ’n gesindheid van sagmoedigheid, “terwyl jy op jouself let,
dat jy ook nie versoek word nie” (Gal. 6: 1), moet jy gaan na die
een wat gesondig het en “bestraf hom tussen jou en hom alleen.”
Moet hom nie openlik in die skande steek deur sy foute voor ander
openbaar te maak nie, en moet ook nie Christus onteer deur die
sonde of fout openbaar te maak van iemand wat Sy Naam dra nie.
Dikwels moet ons reguit praat met die een wat verkeerd handel; hy