400
DIE KONING VAN DIE EEUE
Enige gewoonte, of gebruik wat tot sonde sal lei en Christus
oneer sal aandoen, moet versaak word al kos dit ook wat. Enigiets
wat God oneer aandoen, kan nooit goed wees vir die siel nie. Die seën
van die hemel kan nie rus op die persoon wat die ewige beginsels
van reg oortree nie. Net een sonde in die hart gekoester, is genoeg
om die karakter te verlaag en ander te mislei. As die voet of die hand
afgekap, of ’n oog uitgepluk moet word om die liggaam van die
dood te red, hoe absoluut noodsaaklik is dit dan nie om die sonde te
[450]
versaak wat die siel kan dood nie!
In die rituele dienste is elke offerande gesout. Dit, soos die
reukoffer, het getuig dat alleen die geregtigheid van Christus die
offerande aanneemlik vir God kon maak. Verwysende na hierdie
gebruik, het Jesus gesê, “Elke offerande sal met sout gesout word.”
“
Julle moet sout in julle hê en met mekaar vrede hou.” Almal wat
hulleself as ’n “lewendige, heilige en aan God welgevallige offer”
(
Rom. 12: 1) wil stel, moet die reddende sout ontvang, die gereg-
tigheid van ons Heiland. Dan word hulle “die sout van die aarde,”
wat bose mense in toom hou, net soos sout bederf voorkom. (Matt.
5: 13.)
Maar as die sout smaakloos geword het, as daar slegs ’n
skyn-godsaligheid is, sonder die liefde van Christus, is daar geen
krag ten goede nie. Die lewe sal dan geen reddende invloed in die
wêreld hê nie. Julie energie en bruikbaarheid om My koninkryk op
te bou, sê Jesus, is afhanklik van die ontvangs van My Gees. Julle
moet deelgenote van My genade wees as julle ’n reuk van die lewe
tot die lewe wil wees. Dan sal daar geen wedywering, geen selfsug,
en geen begeerte vir die hoogste plek wees nie. Julie sal daardie
liefde hê wat nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.
Laat die boetvaardige sondaar sy oë vestig op “die Lam van
God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Joh. 1: 29), en deur
aan- skouing sal hy verander word. Sy vrees sal in vreugde verander,
en sy twyfel in hoop. Daar sal dankbaarheid wees. Die hart van klip
is verbreek, ’n Vloedgolf van liefde oorstroom die siel. Christus is
in hom ’n fontein van lewende water wat uitvloei tot die ewige lewe.
Wanneer ons Jesus, die Man van Smarte en bekend met droefheid,
sien werk om die wat verlore is, te red, terwyl Hy verag, gesmaad,
en van stad tot stad gedryf word totdat Sy werk klaar is; wanneer ons
Hom sien in Getsemane, swetende groot druppels bloed, en in angs
ster- wende aan die kruis — wanneer ons dit sien, sal die eie-ek nie