Wie is die Grootste?
399
As iemand nie in alles handel volgens ons eie persoonlike idees
en opinies nie, sal dit ons nie regverdig om hom te belet om vir
God te werk nie. Christus is die groot Leermeester; ons moet nie
oordeel of beveel nie, maar in nederigheid moet elkeen aan die voete
van Jesus sit, en van Hom leer. Elke siel wat God gewillig maak,
is ’n kanaal deur wie Christus Sy vergewende liefde sal openbaar.
Hoe versigtig moet ons wees dat ons nie een van Gods ligdraers
[449]
ontmoedig nie en so die ligstrale wegkeer wat Hy op die wêreld wil
laat skyn!
Onvriendclikheid of kilheid deur ’n dissipel teenoor iemand wat
Christus na Hom toe wil trek—’n daad soos dié waar Johannes
iemand verbied het om wonders te doen in die Naam van Jesus
—
mag ten gevolg hê dat daardie persoon se voete in die pad van
die vyand gerig word, en dus veroorsaak dat ’n siel verlore gaan.
Liewer as om dit te doen, het Jesus gesê, is dit “vir hom beter dat ’n
meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van
die see.” Verder het Hy gesê: “As jou hand jou laat struikel, kap dit
af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee
hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur. . . . En as
jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel
die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te
word.” Markus 9: 43-45.
Hoekom het die Here hierdie sterk taal gebruik? Omdat die
Seun van die mens gekom het “om te soek en te red wat verlore
was.” Sal Sy dissipels dan minder besorgdheid vir die siele van hulle
medemense openbaar as die Majesteit van die hemel getoon het?
Elke siel het ’n onberekenbare prys gekos, en hoe vreeslik is die
sonde om één siel van Christus te laat wegdraai sodat die Heiland se
liefde en vernedering en lyde vir hom tevergeefs was!
“
Wee die wêreld weens die struikelblokke. Want dit is nood-
saaklik dat daar struikelblokke kom.” Matt. 18: 7. Die wêreld,
ge- inspireer deur die Satan, sal sekerlik die navolgers van Christus
be- kamp, en trag om hulle geloof te vernietig; maar wee hom wat
Christus se Naam bely en tog daardie werk doen. Ons Here word
gesmaad deur diegene wat voorgee dat hulle Hom dien, maar wat Sy
karakter verkeerd voorstel sodat menigtes bedrieg en op valse weë
gelei word.