398
DIE KONING VAN DIE EEUE
en stand. Almal ontmoet as siele wat deur bloed gekoop is, en almal
is afhanklik van die Een wat hulle vir God vrygekoop het.
’
n Opregte, boetvaardige siel, is kosbaar in die oë van God. Hy
plaas Sy seël op mense, nie volgens hulle rang of rykdom of intel-
lek- tuele grootheid nie, maar volgens hulle eenheid met Christus.
Die Here van heerlikheid is tevrede met diegene wat sagmoedig
[448]
en nederig van hart is. “Ook het U my die skild van U uitredding
gegee,” het Dawid gesê, “en U neerbuigende goedheid het my groot
gemaak.” Ps. 18: 36.
“
Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in My Naam,” het
Jesus gesê, “ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie
My nie, maar Hom wat My gestuur het.” “So sê die Here: Die hemel
is My troon en die aarde die voetbank van My voete. . . . Maar op
hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat
bewe vir My woord.” Jes. 66: 1, 2.
Die Heiland se woorde het by die dissipels ’n gevoel van self-
verfoeiing laat ontstaan. In Sy woorde het Jesus nie spesiaal op enig-
een van hulle gewys nie, maar Johannes wou weet of sy handelwyse
in een sekere geval reg was. In die gees van ’n kind het hy die saak
voor Jesus gelê, en gesê: “Meester, ons het iemand gesien wat in U
Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet,
omdat hy ons nie volg nie.”
Jakobus en Johannes het gemeen dat hulle deur hierdie man teë
te gaan die eer van hulle Meester beskerm het; nou het hulle begin
sien dat hulle hulle eie eer wou beskerm. Hulle het hulle fout inge-
sien, en die bestraffing van Jesus aangeneem, “Moet hom nie belet
nie, want daar is niemand wat ’n krag in My Naam sal doen en gou
van My sal kan kwaadpraat nie.” Niemand wat homself enigsins
vriendelik teenoor Jesus betoon, moet belet word nie. Daar was baie
wat diep getref is deur die karakter en die werk van Christus, en wie
se harte in die geloof vir Hom oopgegaan het; en die dissipels wat
nie hulle motiewe kon lees nie, moes versigtig wees om nie sulke
siele te ontmoedig nie. Wanneer Jesus nie langer meer persoonlik
by hulle sou wees nie, en die werk in hulle hande gelaat is, moes
hulle nie toegee aan ’n enge,eksklusiewe gees nie, maar hulle moes
dieselfde verreikende simpatie betoon wat hulle by hulle Meester
gesien het.