Page 401 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wie is die Grootste?
397
die koninkryk van die hemel, en waarin ware grootheid bestaan
volgens die maatstaf van die howe daarbo. Diegene wat besiel is met
hoogmoed en selfverheffing dink net aan hulleself en die loon wat
hulle sal ontvang, liewer as aan hoe hulle die gawes aan God kan
terüggee wat hulle ontvang het. Daar sal vir hulle geen plek in die
koninkryk van die hemel wees nie, want hulle staan in die geledere
[447]
van die Satan.
Nederigheid kom voor verering. Om ’n hoë plek voor mense te
vul, soek die Hemel die werker wat, soos Johannes die Doper, ’n
nederige plek voor God inneem. Die dissipel wat die kinderlikste
is, is die beste werker vir God. Die hemelse wesens kan saamwerk
met die een wat soek, nie om homself te verhef nie, maar om siele
te red. Die een wat sy behoefte aan goddelike hulp die diepste voel,
sal daarom smeek; en die Heilige Gees sal aan hom ’n blik op Jesus
gee wat sy siel sal versterk en verhef. Van gemeenskap met Christus
sal hy uitgaan om te werk vir diegene wat vergaan in hulle sondes.
Hy is gesalf vir sy werk, en hy sal slaag waar baie ander wat geleerd
en intellektueel is, sal faal.
Maar wanneer mense hulleself verhef en voel dat hulle absoluut
nodig is vir die sukses van Gods groot plan, sal die Here hulle op- sy
skuif. Dit is duidelik dat die Here nie van hulle afhanklik is nie. Die
werk staan nie stil omdat hulle daarvan verwyder is nie, maar dit
gaan voort met groter krag.
Dit was nie genoeg vir die dissipels van Jesus om op hoogte
te wees met die aard van Sy koninkryk nie; wat hulle nodig gehad
het, was ’n verandering van hart wat hulle in ooreenstemming sou
bring met die beginsels daarvan. Jesus het ’n klein kindjie na Hom
toe geroep en hom daar onder hulle geplaas; toe het Hy tederlik
Sy arms om die kindjie geslaan en gesê, “As julle nie verander en
soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van
die hemele ingaan nie.” Die eenvoudigheid, die onbaatsugtigheid,
en die ver- trouende liefde van ’n kind — dit is die eienskappe wat
die hemel waardeer. Dit is die eienskappe van ware grootheid.
Weer het Jesus aan die dissipels verduidelik dat die kenmerke
van Sy koninkryk nie aardse eer en vertoon was nie. Aan die voete
van Jesus word al daardie dinge vergeet. Die rykes en die armes, die
geleerdes en onkundiges, kom daar saam sonder om te dink aan rang