Page 400 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

396
DIE KONING VAN DIE EEUE
vertel dat Hy sou sterf vir hulle ontwil, en hulle selfsugtige strewe
was pynlik in vergelyking met Sy onselfsugtige liefde.
Toe Jesus hulle vertel het dat Hy doodgemaak sou word, en die
derde dag weer sou opstaan, wou Hy hulle tot ’n bespreking uitlok
in verband met die groot beproewing van hulle geloof. As hulle
gereed was om te ontvang wat Hy graag aan hulle wou meedeel,
dan sou hulle baie bittere angs en wanhoop bespaar gewees het. Sy
woorde sou vir hulle ’n troos gewees het in die uur van verlies en
teleurstelling. Maar ondanks die feit dat Hy so reguit gepraat het oor
wat Hom gewag het, het Sy mededeling dat Hy eerlank na Jerusalem
moet gaan, weer die hoop in hulle laat ontbrand dat Hy op die punt
gestaan het om die koninkryk op te rig. Dit het hulle beweeg om
te redeneer oor wie die hoogste poste sou beklee. Toe Petrus van
die see af terug was, het die dissipels hom vertel van die Heiland se
vraag, en eindelik het een dit gewaag om aan Jesus te vra, “Wie is
tog die grootste in die koninkryk van die hemele?”
Die Heiland het Sy dissipels rondom Hom vergader en aan hulle
gesê, “As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal
en almal se dienaar wees.” Hierdie woorde is met ’n krag en erns
gespreek wat die dissipels glad nie begryp het nie. Wat Christus
gesien het, kon hulle nie sien nie. Hulle het nie die aard van Christus
se koninkryk verstaan nie, en dit was hierdie onkunde wat die stryd
onder hulle laat ontstaan het. Maar die ware oorsaak het nog dieper
geskuil. Deur die aard van Sy koninkryk te verduidelik, kon Christus
miskien die twis vir ’n tyd gestil het, maar dan sou Hy nie die grond-
oorsaak geopenbaar het nie. Selfs nadat hulle die volledigste kennis
gehad het, sou enige bespreking van voorrang die moeilikheid
[446]
Terwyl Lucifer hom graag met God wou gelykstel, het Christus,
die Verhoogde Een, “Homself ontledig deur die gestalte van ’n
dienskneg aan te neem en in die gelykenis van mense te kom; en in
gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoor-
saam te word tot die dood toe, ja die dood van die kruis.” Filip. 2:
7, 8.
Nou was die kruis net voor Hom; en Sy eie dissipels was só
vol selfsug — die grondbeginsel van die koninkryk van die Satan
dat hulle nie met hulle Here kon meevoel, of Hom verstaan waar
Hy gepraat het van Sy vernedering vir hulle nie.
Tederlik, maar met groot erns, het Jesus geprobeer om die euwel
uit te roei. Hy het gewys op die beginsel wat die botoon voer in