Wie is die Grootste?
395
diens in die tempel, hoeveel te meer Hy vir wie die tempel Sy Vader
se huis was.
As Jesus die belasting sonder protes betaal het, sou Hy feitelik
die bewering bevestig, en dus Sy godheid verloën het. Maar alhoe-
wel Hy dit goedgedink het om die belasting te betaal, het Hy die
grond verwerp waarop die eis gemaak is. In die voorsiening van die
belastinggeld het Hy bewys gegee van Sy goddelike karakter. Dit is
duidelik gestel dat Hy een met God is, en daarom nie belasbaar as
’
n gewone onderdaan van die koninkryk nie.
“
Gaan na die meer toe,” het Hy Petrus beveel, “gooi ’n hoek uit
en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy
’
n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.”
Alhoewel Hy Sy godheid in menslike vlees geklee het, het hierdie
wonderwerk Sy heerlikheid geopenbaar. Dit was duidelik dat dit Hy
was wat deur Dawid gesê het, “Die wilde diere van die bos is myne,
die vee op duisend berge. Ek ken al die voëls van die berge, en die
diere van die veld is by My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê
nie; want die wêreld is myne en sy volheid.” Ps. 50: 10-12.
Terwyl Jesus duidelik laat verstaan het dat Hy onder geen ver-
pligting was om die belasting te betaal nie, het Hy nie met die Jode
’
n stryd aangeknoop oor die saak nie, want hulle sou in elk geval
Sy woorde verdraai en dit teen Hom gebruik het. Om nie aanstoot
te gee deur nie belasting te betaal nie, het Hy gedoen wat Hy nie
verplig was om te doen nie. Hierdie les sou van groot waarde wees
vir Sy dissipels. Groot veranderings sou binnekort plaasvind wat
hulle verhouding tot die tempeldiens sou raak, en Christus het hulle
geleer om hulleself nie onnodig in stryd te bring met die gevestigde
gods diens nie. Sover moontlik moes hulle geen aanleiding gee vir ’n
[445]
verkeerde voorstelling van hulle geloof nie. Hoewel Christene geen
beginsel van waarheid moet opoffer nie, moet hulle indien moontlik,
altyd stryery vermy.
Toe Christus en Sy dissipels alleen in die huis was, en onderwyl
Petrus na die meer is, het Jesus die ander tot Hom geroep en gevra,
“
Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?” Die teenwoor-
digheid van Jesus, en Sy vraag, het die saak in ’n heeltemal ander
lig gestel as waarin hulle dit gesien het toe hulle op pad gestry het.
Skaamte en selfveroordeling het hulle laat stilbly. Jesus het hulle