Page 398 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

394
DIE KONING VAN DIE EEUE
te bring. In die insamelaar van die belasting het hulle ’n gewillige
helper gevind.
In die vraag van die insamelaar het Petrus gemeen dat daar
geskimp is op Christus se trou aan die tempel. Ywerig om sy Meester
se eer te verdedig, het hy dadelik geantwoord, sonder om Hom te
raadpleeg, dat Jesus die belasting sou betaal.
Maar Petrus het slegs gedeeltelik die doel van die vraer begryp.
Daar was sommige klasse wat vrystelling geniet het wat belasting-
betaling betref. In die tyd van Moses, toe die Leviete afgesonder
is vir diens in die heiligdom, het hulle nie ’n erfdeel ontvang saam
met die ander nie. Die Here het gesê, “Daarom het Levi geen deel
of erfenis saam met sy broers nie; die Here is sy erfdeel.” Deut. 10:
9.
In die tyd van Christus is die priesters en Leviete nog beskou as
mense wie se diens spesiaal aan die tempel gewy is, en van hulle is
die jaarlikse belasting vir die onderhoud daarvan nie ingevorder nie.
Ook profete het vrystelling van hierdie belasting geniet. Deur die
belasting van Jesus te verg, het die rabbi’s Sy aanspraak as profeet
of leraar ontken, en Hom behandel as ’n gewone persoon. As Hy
sou weier om die belasting te betaal, sou hulle aangevoer het dat
dit ontrou aan die tempel was; terwyl, aan die anderkant, sou die
betaling daarvan beskou word as regverdiging van hulle verwerping
van Hom as profeet.
Net ’n rukkie tevore het Petrus Jesus erken as die Seun van God;
maar nou het hy die geleentheid laat verbygaan om die karakter
van sy Meester te bevestig. Deur sy antwoord aan die insamelaar,
naamlik dat Jesus die belasting sou betaal, het hy feitelik die valse
opvatting bevestig wat deur die priesters en owerstes verkondig is.
[444]
Toe Petrus die huis binnekom, het die Heiland niks gesê van wat
gebeur het nie, maar gevra, “Wat dink jy, Simon? Van wie neem die
konings van die aarde tol of belasting — van hulle seuns, of van
vreemdelinge?” Petrus antwoord Hom, “Van die vreemdelinge.” En
toe sê Jesus, “Dan is die seuns vry.” Terwyl die volk van ’n land
belas word vir die onderhoud van hulle koning, word die koning se
eie kinders vrygestel. So is daar van Israel, wat bely het om Gods
volk te wees, verwag om Sy diens te onderhou; maar Jesus, die Seun
van God, het nie onder verpligting gestaan om die belasting te betaal
nie. As die priesters en Leviete vrystelling geniet het omrede hulle