Page 397 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Wie is die Grootste?
TERUG in Kapernaum, het Jesus nie na die welbekende plekke
gegaan waar Hy die mense geleer het nie, maar met Sy dissipels het
Hy die huis opgesoek wat Sy tydelike tuiste sou wees. Vir die orige
tyd van Sy verblyf in Galilea was dit Sy doel om die dissipels te
onderrig liewer as om vir die skares te werk.
Op die reis deur Galilea het Christus weer geprobeer om die harte
van die dissipels voor te berei vir wat Hy moes deurmaak. Hy het
hulle meegedeel dat Hy na Jerusalem sou gaan, dat Hy daar gedood
sou word, en weer sou opstaan. Maar Hy het die verdere vreemde
mededeling gedoen dat Hy verraai sou word in die hande van Sy
vyande. Selfs nou nog het die dissipels nie Sy woorde verstaan nie.
Alhoewel die skaduwee van ’n groot droefheid op hulle geval het,
was daar ’n gees van wedywering in hulle harte. Hulle het onder
mekaar getwis oor wie die grootste sou wees in die koninkryk. Hulle
het gemeen om hierdie stryd vir Jesus te verberg, en hulle het nie,
soos gewoonlik, dig aan Sy sy gekom nie, maar ’n hele ent agter
Hom geslenter, sodat Hy voor was toe hulle Kapernaum binnegaan.
Jesus het hulle gedagtes gelees, en Hy het verlang om hulle raad te
gee, en te onderrig. Maar Hy het gewag vir ’n stille uur wanneer
hulle harte oop sou wees om Sy woorde te ontvang.
[443]
Kort ná hulle die dorp binnegegaan het, het die insamelaar van
die tempelbelasting na Petrus gekom met die vraag, “Betaal julle
Meester nie die tempelbelasting nie?” Dit was nie ’n regerings-
belasting nie, maar ’n godsdienstige heffing wat jaarliks geskied
het en wat elke Jood moes betaal vir die onderhoud van die tempel.
Weiering om die belasting te betaal, is beskou as ontrouheid aan
die tempel —’n baie groot sonde in die oë van die rabbi’s. Die
Heiland se houding teenoor die rabbynse wette, en Sy onomwonde
bestraffing van die wat tradisie verdedig het, het hulle die kans gegee
vir die beskuldiging dat Hy die tempeldiens wou omvergooi. Nou het
Sy vyande gemeen dat hulle ’n geleentheid het om Hom in onguns
393